100 dae van vriendelikheid

R220.00

Vriendelikheid is om jou krag te gebruik om saggies heel te maak, sonder om iets terug te verwag. Begin weer van vooraf aan om te kyk, te luister, tyd te maak, jou hart oop te maak, jou hande uit te steek, woorde te praat wat genade bring en om ’n vriend te wees vir die weerloses en die vriendloses. Want dit, het Jesus ons gewys, dít is die lewe.

Andries Cilliers, outeur en Andrew Murray-pryswenner, begelei jou op ’n 100 dae reis om vriendeliker te wees: met diegene rondom jou en met jouself om so ’n beter mens te wees. Leef dit, al moet jy ook elke dag van vooraf aan begin daarmee. Leef dit, en moet nooit vergeet wie jou Vriend is nie.

SKU: 9780796322524 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Gebruik die alledaagse om sagkens heel te maak

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 240

OPSOMMING: Vriendelikheid is om jou krag te gebruik om saggies heel te maak, sonder om iets terug te verwag. Begin weer van vooraf aan om te kyk, te luister, tyd te maak, jou hart oop te maak, jou hande uit te steek, woorde te praat wat genade bring en om ’n vriend te wees vir die weerloses en die vriendloses. Want dit, het Jesus ons gewys, dít is die lewe.

Andries Cilliers, outeur en Andrew Murray-pryswenner, begelei jou op ’n 100 dae reis om vriendeliker te wees: met diegene rondom jou en met jouself om so ’n beter mens te wees. Leef dit, al moet jy ook elke dag van vooraf aan begin daarmee. Leef dit, en moet nooit vergeet wie jou Vriend is nie.

SKRYWER: Dr Andries Cilliers het skoolgegaan in Namibië en studeer aan Universiteit van Stellenbosch. Hy is getroud met Sonja en het twee getroude kinders. Tans is hy predikant in die NG Kerk Drieankerbaai. Hy is die skrywer van agt boeke. Hy het die Andrew Murray-prys gewen het in 2016 saam met Coenie Burger vir Ontvang wat vir jou gegee is.