Description
SUBTITEL: Om in die wêreld kerk te wees. ʼn 23-weke-Bybelstudie vir groepe en individue
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 120
OPSOMMING: 1 Korintiërs is ’n brief met praktiese raad oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe. Ons wat vandag leef, ervaar nie presies dieselfde probleme as die gemeente in Korinte nie. Die manier waarop Paulus hulle vrae en probleme hanteer het, is egter vandag steeds van toepassing.
Die gelowiges in Korinte, ʼn welvarende hawestad waar ʼn groot gebrek aan goeie waardes geheers het, moes talle uitdagings oorkom. In Paulus se antwoord aan die Korintiërs op hulle probleme, leer hy ons wat vandag leef ook hoe om kerk van Jesus Christus te wees in ’n wêreld wat Hom nie ken nie.
INHOUD
1. Julle behoort aan God
2. Danksegging
3. Elkeen het ʼn eie dominee
4.’n Vreemde evangelie
5. Net vir ingewydes
6. Groei en werk jy, of sit jy stil?
7. O, die dominee!
8. Bo blink, onder stink
9. ʼn Alternatiewe leefstyl
10. Om te trou of nie te trou nie
11. Hulle probleem, of dalk myne ook?
12. Offers ter wille van die evangelie
13. Voluit vir God
14. Met of sonder hoed in die kerk?
15. Hoflikheid by die nagmaal
16. Gawes tot voordeel van almal
17. Jy is deel van Christus se liggaam
18. Die grootste is die liefde
19. Hoe moet ’n erediens lyk?
20. ʼn God van orde
21. Ons maak te min van die opstanding
22. ʼn Liggaam sonder gebrek
23. Deur die liefde gelei
SKRYWER
Jaco Thom