Description
SUBTITEL: Vier die verskil Paulus antwoord die gelowiges. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe.
FOEMAAT: e-boek
AANTAL BLADSYE: 232
OPSOMMING: Ons almal het seker al die een of ander tyd gewonder: Waarom dink almal nie soos ek nie? Dit sou alles soveel makliker gemaak het. Ons werklikheid is egter een van verskille. En dit is waaroor Paulus se eerste brief aan die Korintiërs gaan. Die groot pro¬bleem in hierdie gemeente was die verskille tussen gemeentelede – tussen armes en rykes, mans en vroue en mense wat God nie dieselfde beleef het nie. Dit klink maar net soos ons wêreld vandag.
Paulus wil sy gemeente help om die verskille tussen hulle te vier. Hulle hoef nie almal dieselfde te wees nie; hulle verskeidenheid vertel juis iets van God se groot genade en liefde. Mag hierdie Bybelstudie vir jou iets oopmaak van die vryheid wat jy sal beleef as jy die verskille begin vier.
INHOUD
Inleiding
1. Anders! (1 Kor 1:1-3)
2. Bloedfamilie van Jesus (1 Kor 1:4-9)
3. Saamgevoeg in Christus (1 Kor 1:10-17)
4. Wat belangrik is (1 Kor 1:18-31)
5. Kyk deur God se oë (1 Kor 2:1-16)
6. Op God se golflengte? (1 Kor 3:1-9)
7. God se tempel (1 Kor 3:9-23)
8. Kom in pas met Christus (1 Kor 4:1-21)
9. Jesus se beeld is belangrik (1 Kor 5:1-13)
10. Word wie julle reeds is (1 Kor 6:1-11)
11. Vry maar verantwoordelik (1 Kor 6:12-20)
12. Leef in vrede (1 Kor 7:1-24)
13. Leef vir God (1 Kor 7:25-40)
14. Liefde bou op, kennis maak verwaand (1 Kor 8:1-13)
15. Verduister of verhelder? (1 Kor 9:1-27)
16. Wees baie versigtig! (1 Kor 10:1-22)
17. Neem ander in ag (1 Kor 10:23 – 11:1)
18. Verskillend maar gelyk (1 Kor 11:2-16)
19. Versigtig en verantwoordelik (1 Kor 11:17-34)
20. Gees van die gemeente (1 Kor 12:1-11)
21. Liggaam van Christus (1 Kor 12:12-31)
22. Net liefde is blywend (1 Kor 13:1-13)
23. Bou mekaar op (1 Kor 14:1-19)
24. Gee mekaar ’n kans (1 Kor 14:20-40)
25. Vier die lewe (1 Kor 15:1-19)
26. God is alles vir alles (1 Kor 15:20-34)
27. Anders en beter! (1 Kor 15:35-58)
28. Alles in liefde (1 Kor 16:1-24)
SKRYWERS
Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek. Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.