Welkom by Ligland!
Hier is almal welkom, ja, kinders van alle ouderdomme wat die lewe met oorgawe leef. Dit beteken ons leef met lig, lag en liefde.
Ligland se kleurvolle karakters begelei ons deur die lewe. Hulle help volwassenes en kinders om oor moeilike onderwerpe, die uitdagings van die lewe en geloof te gesels.
Só help die stories wat in Ligland afspeel ons:
- Dit gee aan ons nuwe maniere om oor die ervarings in ons lewe te dink.
- Dit ontsluit gesprekke tussen mense van verskillende ouderdomme wat dalk nie mooi weet hoe om met mekaar oor iets te praat nie.
- Dit moedig emosionele integrasie aan.
- Dit bemagtig ouers om met kinders oor moeilike ervarings én opwindende moontlikhede te gesels.
- Dit gee aan kinders die kans om hulle eie ervarings te verken.
- Dit bevestig aan kinders dat hulle ervarings geldig is.
Ligland word ’n plek waar mense ervaar wat dit beteken om met eerlikheid mense van die Lig te wees. Die karakters van Ligland sal jou help om jou plek in God se skepping vol te staan.