1965
In 1965 publiseer die Bybelgenootskap Die Bybel met Deuterokanonieke boeke, wat die teks van die 1933/1953-vertaling bevat asook die Deuterokanonieke boeke wat deur die Anglikaanse Kerk, Katolieke Kerk en Lutherse Kerk gebruik word. Die vertaling van die Deuterokanonieke boeke in hierdie uitgawe is nie deur die Bybelgenootskap gedoen nie. Die Deuterokanonieke boeke (Apokriewe boeke) is ingesluit by die Nederlandse Statevertaling, wat tot voor die verskyning van die 1933/1953-vertaling ook in Suid-Afrika gebruik is.