All posts by: Bybel-Media

About Bybel-Media

Hierdie onderwyser fokus op kinders se geloofsvorming Susan Goosen is ’n gekwalifiseerde onderwyser en skrywer wat nog altyd ’n liefde vir woorde, boeke en skryf gehad het. Deur haar betrokkenheid by skole en haar eie ervarings met haar kinders het die Here die belangrikheid van geloofsvorming op haar hart kom lê. Susan spesialiseer in die […]

’n Besonderse professor en gasspreker Prof. Malan Nel is op Calvinia gebore en het sy doktorsgraad in teologie in 1984 verwerf by die Universiteit Pretoria. Hy is tans ’n professor in Praktiese Teologie met meer as drie dekades van akademiese ervaring. Jeugbediening is sy besondere pas­sie. Hiervoor kry hy wye erkenning. Hy was van 2001 […]

’n Predikant, lewensafrigter en musikant Siegfried Louw het grootgeword in Vryheid, KwaZulu-Natal en sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Bellville in die Wes-Kaap voltooi. Na sy teologiese opleiding aan die Universiteit van Stellenbosch het hy ’n nagraadse kwalifikasie in spelterapie bekom.  Hy is ’n predikant wat ook as lewensafrigter van Transmind SA mense begelei deur fases […]

’n Predikant en bekroonde kinderboekskrywer Ewald van Rensburg is predikant by die Somerset-Wes Familiekerk in die Wes-Kaap en hy spesialiseer in jeug- en familiebediening.  Hy is bekend as ’n topverkoper-skrywer van kinderboeke wat jong kinders nader aan God bring. Hy het al heelwat boeke geskryf én vele ATKV-pryse daarvoor ontvang. Van sy gewilde kinderboeke sluit […]

Die predikant wat stories vertel Fourie Rossouw is ’n knap skrywer, storieverteller en predikant. Hy woon in Strand en het ’n liefde vir die stad en ’n swakheid vir die platteland. In sy skryfwerk probeer hy die heiligheid van die alledaagse uitwys, maar moet in die algemeen met ’n knippie sout gelees word. Wanneer jy […]

’n Gewilde predikant, skrywer en professor Marius Nel is tans ’n professor by die Universiteit Stellenbosch wat spesialiseer in die Nuwe Testament. Voor sy aanstelling as dosent by die Fakulteit Teologie in 2012 was hy vir 18 jaar ’n predikant in Pretoria.  Marius is tans die voorsitter van die Nuwe-Testamentiese Werksgemeenskap van Suider-Afrika en mederedakteur […]

’n Predikant, bekende skrywer en invloedryke kerkleier Coenie Burger is een van daardie name wat aan almal in die NG Kerk bekend is — en vir goeie rede. Hy is ’n oud-predikant, teoloog en skrywer van talle boeke en artikels.  Coenie het predikant geword op Graaff-Reinet in 1975 en in 1979 word hy ’n studenteleraar […]

’n Predikant en bekroonde Christenskrywer Dr. Barend Vos is ’n uitstaande Christenskrywer, teksversorger en predikant.  Sy eerste boek verskyn in 1998 en sedertdien het hy al meer as 20 boeke gepubliseer. Hy is veral bekend as die skrywer van Uit die Beek, een van die oudste en gewildste Afrikaanse Bybeldagboeke wat elke jaar uitgereik word. […]

Topverkoper-skrywer en iemand met ’n passie vir die Bybel. Jaco Thom is predikant van die NG gemeente Toringkerk in die Paarl, waar hy veral verantwoordelik is vir die kleingroepbediening van die gemeente.  Hy het as ’n topverkoper-skrywer bekend geword vir sy Bybelse romans. Die Bybelroman 1 en 2 vertel die hele Bybelse verhaal vanaf Genesis […]

Ontmoet die vader van spirituele begeleiding in die NG Kerk. Dr. Willem Nicol is een van die welbekende predikante in die NG Kerk. Hy staan bekend as die vader van spirituele begeleiding in ons kerk. Sy betrokkenheid by die NG Kerk strek oor baie dekades – vir 33 jaar was hy ook studenteleraar van die […]

  • 1
  • 2