AFDELINGS

Bybel-Media se waardes

Bybel-Media (BM) is ’n kerklike diens wat Christelike inhoud vir geloofsvorming en bediening beskikbaar stel.

Die inhoud moet teologies verantwoord en maklik toeganklik wees, inklusief, oopkop, eg Suider-Afrikaans en in ’n verskeidenheid formate beskikbaar as kursusse, gedruk en digitaal.

BM leef, getrou aan die Woord van Jesus Christus, nougeset die ses waardes wat die kern van sy bestaan uitmaak uit:

  • respek
  • lojaliteit
  • verantwoordbaarheid
  • integriteit
  • uitnemendheid
  • innovering

Ons kernbesigheid: Christelike inhoud

Direksie

Bybel-Media (BM) probeer voortdurend sy motto “Vennoot in geloof in bediening” uitleef. Dit dien as die motivering vir alles wat die organisasie gedoen het.  Bybel-Media het meer as 40 jaar terug as Bybelkor ontstaan. Later jare het Mema-Media bygekom en het die naam na Bybel-Media verander. Nóg later het die Tydskriftemaatskappy ingeskakel. Dit maak die organisasie nou ‘n wonderlike diverse media-familie. Andrew Murray se dorp, Wellington, was oor al die jare steeds BM se tuiste.

Volgens die Kerkorde is die Algemene Sinode verantwoordelik vir “algemene kerklike media”. BM is die orgaan waardeur dit geskied. Die Moderamen vorm tans die ledevergaderings van die drie maatskappye (bedryfseenhede). BM funksioneer as drie maatskappye (bedryfseenhede), te wete Bybel-Media, Bybel-Media Handel en Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk, binne verskeie departemente.

Uitvoerende Hoof: 

Dr Nico Simpson

Direksie:

  • Ds Danie Mouton (voorsitter)
  • Mnr Christian Van Schalkwyk (onder-voorsitter)
  • Ds Jurgens De Jager
  • Mnr Dawie Klopper
  • Mev Johanna Kotze
  • Mev Aldi Schoeman
  • Mev Elize Bezuidenhout
  • Mnr Martin Slabber
  • Dr Gustav Claassen (Adviserend)
  • Dr Nico Simpson (Maatskappy Sekretaris)