Search Results for: willem nicol

Wie is Dr. Willem Nicol?
Ontmoet die vader van spirituele begeleiding in die NG Kerk. Dr. Willem Nicol is een van die welbekende predikante in die NG Kerk. Hy staan bekend as die vader van spirituele begeleiding in ons kerk. Sy betrokkenheid by die NG Kerk strek oor baie dekades – vir 33 jaar was hy ook studenteleraar van die […]
Genooi om te volg Bybelstudie
Dis ’n waagstuk om ja te sê vir Jesus. Dié 12 Bybelstudies wil jou daarom help om nie net meer oor Jesus en jou beeld van Jesus na te dink nie, maar om Hom ook al hoe meer by jou lewenservarings in te laat en Hom daar te volg. Ook beskikbaar om saam met hierdie Bybelstudieboek te lees: Genooi om te volg – Willem Nicol
Oop vir die oomblik
Ook beskikbaar om saam met hierdie boek te gebruik: Oop vir die oomblik Bybelstudie – Willem Nicol In Oop vir die oomblik kom die teorie en praktyk van “leef in die oomblik” saam om jou te help om in die hier en nou met die Here te leef en dit deel van jou leefwyse te maak. Daarom word jy in elke hoofstuk ook genooi om oefeninge te doen. OOK BESKIKBAAR IN PDF FORMAAT
Oop vir die oomblik Bybelstudie
Ook beskikbaar om saam met hierdie Bybelstudieboek te lees:  Oop vir die oomblik – Willem Nicol In dié 10 Bybelstudies ontdek gelowiges dat die Here ons wil leer: Daar is net een plek waar ons kan leef – in die teenwoordige tyd. Die Here wag daar vir ons en trek ons daarheen. Hy vergewe die tekortkomings van die verlede en hou die toekoms in sy hand sodat ons kan tuis wees waar ons nou is. En wanneer ons daar kom, is ons oop vir die lewe én vir die Lewensbron. Hierdie Bybelstudie bevat ook baie oefeninge wat jy kan doen om jou te help om hierdie geloofsgewoonte deel van jou leefstyl te maak.
YouVersion
Jy sal oukei wees Dit is nie in die lewe se hoogtepunte of in swaarkrytye dat dit vir ons die moeilikste is om ons geloof uit te leef nie. Dit is meestal in die alledaagse, die doodgewone dae by die werk, by die huis, in ons motor. Dít is waar ons nie aldag weet hoe […]
Verby ons gedagtes
Hierdie boek wil jou help om na jou prentjies van God te kyk, om die gesondes te voed en om die ongesondes te laat los. Jou prentjies van God lê op ’n baie diep plek in jou binnewêreld, van waar dit jou lewe ongemerk stuur. Ongesonde prentjies van God verarm jou lewe. Daarom is dit so belangrik dat jy met gesonde prentjies van God sal leef. Jy kan dit nie uit eie krag regkry nie. Die blote lees van ’n boek sal jou ook nie daarmee kan help nie. Maar jy kan jou oorgee aan die Gees wat die “volle waarheid” oor God in jou binneste laat indring (Joh 16:13). Jy kan hierdie boek lees, oordink, bespreek, daaroor mediteer, in die geloof dat die magtige Gees van God dit sal gebruik om jou prentjies van God, jou verhouding met Hom en jou lewe te omvorm. En om jou só oop te maak vir verrassende ontmoetings met God.
Verby ons gedagtes Bybelstudie
Hierdie gespreksgids wil jou help om na jou prentjies van God te kyk, om die gesondes te voed en om die ongesondes te laat los. Jou prentjies van God lê op ’n baie diep plek in jou binnewêreld, van waar dit jou lewe ongemerk stuur. Ongesonde prentjies van God verarm jou lewe. Daarom is dit so belangrik dat jy met gesonde prentjies van God sal leef. Jy kan dit nie uit eie krag regkry nie. Die blote lees van ’n boek sal dit ook nie vir jou kan doen nie. Maar jy kan jou oorgee aan die Gees wat die “volle waarheid” oor God in jou binneste laat indring (Joh 16:13). Lees, oordink, bespreek en mediteer oor hierdie 12 studies, saam met ander gelowiges. Die magtige Gees van God sal dit gebruik om jou prentjies van God, jou verhouding met Hom en jou lewe te omvorm. En om jou só oop te maak vir verrassende ontmoetings met God.
Genooi om te volg
Hierdie boek wil jou help om Jesus beter te leer ken. Onthou egter dat lees net ’n begin is, want ons leer Jesus werklik ken deur Hom te volg. Hy nooi ons dan ook om agter Hom aan te kom en neem ons stap vir stap deur die lewe. Dikwels lei Jesus anders as wat ons verwag; telkens neem Hy ons waar ons nie wil wees nie. Klik hier vir Genooi om te volg se Bybelstudie OOK BESKIKBAAR IN PDF FORMAAT
Genooi om te volg Pakket
GENOOI OM TE VOLG: Hierdie boek wil jou help om Jesus beter te leer ken. Onthou egter dat lees net ’n begin is, want ons leer Jesus werklik ken deur Hom te volg. Hy nooi ons dan ook om agter Hom aan te kom en neem ons stap vir stap deur die lewe. Dikwels lei Jesus anders as wat ons verwag; telkens neem Hy ons waar ons nie wil wees nie. GENOOI OM TE VOLG - BYBELSTUDIE: Dis 'n waagstuk om ja te sê vir Jesus. Dié 12 Bybelstudies wil jou daarom help om nie net meer oor Jesus en jou beeld van Jesus na te dink nie, maar om Hom ook al hoe meer by jou lewenservarings in te laat en Hom daar te volg.