Search Results for: lizette murray

Die vrou wat uit haar hart skryf: Lizette Murray
Kom geniet die werke van ’n onderwyser, skrywer en ma. Lizette Murray skryf soos geen ander skrywer nie. Wanneer jy haar boeke lees, voel dit asof sy jou hart aanraak. Sy skryf in doodgewone taal, onopgesmuk en met ’n teerheid wat jou oopmaak vir die gedagtes wat sy deel. Dít is die tipe leesmateriaal wat […]
My hart se baie punte
Wanneer jy Lizette Murray se skryfwerk lees, word al jou sintuie betrek. Maar dis veral jou hart wat sy aanraak. Met My hart se baie punte vang Lizette doodgewone momente in haar lewe in woorde vas. Sy put uit die bekende: haar saamleef met haar geliefdes, haar kinders, haar kleinkinders en ander kosbare mense wat haar pad kruis. Lizette raak jou keer op keer diep aan met haar lewenswysheid, haar fyn insig in die harte van ander, haar geloof, haar liefde vir mense en die besonderse manier waarop sy die wêreld waarneem en dan in woorde weergee. Mag hierdie bundel skryfwerk jou vars en nuut laat kyk, soos ’n kind. Sodat jy jou kan verlustig in die klein dingetjies, en met eenvoud na die lewe kan kyk.
Die alfabet van oorvloed
Wanneer jy Lizette Murray se skryfwerk lees, word al jou sintuie betrek. Maar dis veral jou hart wat sy aanraak. Met haar diep insig in ons menseverhoudings, en haar deurwinterde wysheid as ma en ouma, neem sy jou op ’n reis vol liefde en skoonheid. ’n Reis van saamwees, familie-dinge. Lizette weet hoe om fyn waar te neem, en dan keurig haar woorde te kies om dinge te beskryf waarmee ons ons maklik kan vereenselwig. Sy skryf onopgesmuk en met ’n teerheid wat jou oopmaak vir die gedagtes wat sy deel. Skink ’n koppie tee, en lees rustig Lizette se vertellings in hierdie boek. Laat die gloed van God se teenwoordigheid wat in elke vertelling deursyfer jou baai in sy liefdesoorvloed.
YouVersion
Jy sal oukei wees Dit is nie in die lewe se hoogtepunte of in swaarkrytye dat dit vir ons die moeilikste is om ons geloof uit te leef nie. Dit is meestal in die alledaagse, die doodgewone dae by die werk, by die huis, in ons motor. Dít is waar ons nie aldag weet hoe […]