Search Results for: jaco thom

Die skrywer van die Bybelroman: Jaco Thom
Topverkoper-skrywer en iemand met ’n passie vir die Bybel. Jaco Thom is predikant van die NG gemeente Toringkerk in die Paarl, waar hy veral verantwoordelik is vir die kleingroepbediening van die gemeente.  Hy het as ’n topverkoper-skrywer bekend geword vir sy Bybelse romans. Die Bybelroman 1 en 2 vertel die hele Bybelse verhaal vanaf Genesis […]
As Jesus in jou lewe instap
In As Jesus in jou lewe instap bied Jaco Thom elf ontmoetings met Jesus uit die Johannes-evangelie in ’n eietydse toeganklike Bybelstudie. Die leser bestudeer verskillende mense se interaksie met Jesus en sien hoe Hy mens verander as Hy in jou lewe instap. Klik hier vir resensie
Uittogpad
Ons almal ken die uittogverhaal in Eksodus. Ons het daarmee grootgeword. Die boek Eksodus maak ons egter bewus van soveel meer as die uittog. Ons ontdek opnuut hoe barmhartig en genadig God is; ons beleef dat Hy, die lewende God, lankmoedig en vol liefde is. Al is ons vandag nog, net soos die Israeliete destyds, kleingelowig, opstandig, hardkoppig en ontrou, gee God vir ons nuwe kanse. Keer op keer bevry God ons. Weer en weer vergewe God ons. En die onbegryplike wonder is dat God belowe om saam met ons te reis, want God weet ons pad in vryheid in vra van ons baie geloof en volharding. En God verseker ons: Ons uittogverhaal is baie meer as ’n eksodus, want die uitkoms is seker.
1 Korintiërs
1 Korintiërs is ’n brief met praktiese raad oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe. Ons wat vandag leef, ervaar nie presies dieselfde probleme as die gemeente in Korinte nie. Die manier waarop Paulus hulle vrae en probleme hanteer het, is egter vandag steeds van toepassing. Die gelowiges in Korinte, ʼn welvarende hawestad waar ʼn groot gebrek aan goeie waardes geheers het, moes talle uitdagings oorkom. In Paulus se antwoord aan die Korintiërs op hulle probleme, leer hy ons wat vandag leef ook hoe om kerk van Jesus Christus te wees in ’n wêreld wat Hom nie ken nie.
Prente van die koninkryk
Iemand het gesê 'n gelykenis is soos ’n grap. As jy dit eers moet verduidelik, is dit nie meer ’n grap nie. Só werk ’n gelykenis ook. Dit skep ’n beeld wat jy moet snap, en waarop jy moet reageer: met skok, verontwaardiging, verbasing … Jy kan nie neutraal bly of afgetrokke daarna luister en tog die boodskap verstaan wat dit wil oordra nie.
Daniël
Die boek Daniël is egter nie net vol onvergeetlike heldedade nie. Dit is geskryf om gelowiges aan te spoor om in moeilike tye op God te bly hoop. Daarom vleg daar een element soos ’n goue draad deur al hierdie verhale: Daniël en sy drie vriende se onwrikbare vertroue op God.
Keuses wat jou iets kos
’n Ses-weke-Bybelstudie oor Rut en Boas.  Vir kleingroepe.  Om ’n navolger van Jesus te wees, ook in die gewone gang van die lewe, kós jou. Dit is een van die temas van Rut. In dié Bybelboek lees ons van gewone mense wat in die alledaagse dinge hulle geloof op ’n besondere manier uitgeleef het. Húlle wys vir jou dat geloof in God jou lewe verander omdat dit jou laat uitreik na die mense rondom jou
Die liefde van Christus dring my
’n Tien-weke-Bybelstudie oor die lewe van Paulus. Min mense het die vroeë kerk so merkwaardig beïnvloed soos Paulus. In hierdie Bybelstudie sal jy Paulus – met sy onvermoeide ywer vir die uitbreiding van die evangelie – van nader leer ken deur hom op sy reise deur die Antieke Wêreld te vergesel.
Agente van die Gees
Gaan saam op reis deur die boek Handelinge, en ontdek op die voetspoor van die vroeë kerk hoe God sy kerk, vandag nog in hierdie wêreld lei en gebruik.
Jy is deel van God se plan
’n Bybelstudie oor dertien vroue in die Bybel – en hoe God se plan hulle lewe geraak het Die Bybel is vol boeiende stories, maar die karakters is nie fiktief nie. Hulle was regte mense, net soos ek en jy. En hulle stories is in die Bybel opgeteken sodat ons uit hulle lewe kan leer, hulle foute kan vermy, en veral hulle geloofsmoed kan navolg. Bowenal is hulle stories opgeteken om vir ons te wys dat hulle nie alleen in die wêreld was nie; God was by hulle. Hy was in hulle lewe teenwoordig. God het ’n plan met hulle elkeen se lewe gehad. Hulle onderskeie stories is immers deeltjies van die ware Storie in die Bybel: die storie van God wat die mense van hierdie wêreld so liefhet dat Hy ons nie aan ons eie genade kan oorlaat nie.
  • 1
  • 2