
’n Gewilde predikant, skrywer en professor
Marius Nel is tans ’n professor by die Universiteit Stellenbosch wat spesialiseer in die Nuwe Testament. Voor sy aanstelling as dosent by die Fakulteit Teologie in 2012 was hy vir 18 jaar ’n predikant in Pretoria.
Marius is tans die voorsitter van die Nuwe-Testamentiese Werksgemeenskap van Suider-Afrika en mederedakteur van Scriptura. Hy is ook verbind aan die NG gemeente Oostersee as leraar met die opdrag teologiese opleiding.
In samewerking met Coenie Burger (Marius se oud-studentepredikant) het hy onlangs Ons wil Jesus sien geskryf. Dié boek kyk na die veelkantigheid van Jesus se aardse lewe. Die afgelope tyd is hulle ook saam betrokke by ’n nagraadse kursus waar hulle elkeen uit hulle onderskeie studievelde en perspektiewe gesels oor Jesus. In hierdie gesprekke het hulle opnuut ontdek dat teologie en menswees nie van mekaar losgemaak kan word nie.
Marius skryf ook gereeld teologiese artikels wat in verskeie akademiese joernale gepubliseer word. Sy werk verskyn ook in teologiese handboeke wat op universiteit gebruik word.
Kyk gerus na sy topverkopers:
Marius Nel se boeke is nou beskikbaar by Bybel-Media.
