’n Predikant en bekroonde kinderboekskrywer

Ewald van Rensburg is predikant by die Somerset-Wes Familiekerk in die Wes-Kaap en hy spesialiseer in jeug- en familiebediening. 

Hy is bekend as ’n topverkoper-skrywer van kinderboeke wat jong kinders nader aan God bring. Hy het al heelwat boeke geskryf én vele ATKV-pryse daarvoor ontvang. Van sy gewilde kinderboeke sluit in Bomani Meerkat en die YesKids Bible Stories-reeks. 

Boonop het Ewald ’n saamgeselsgids geskryf met die titel Goeie genade, jy is spesiaal! Hierdie boek het reeds in 2002 verskyn. Nadat talle mense regoor die land navraag oor die boek gedoen het, het Ewald weer na die inhoud gekyk. In dié proses het hy ses nuwe hoofstukke bygeskryf. Hy het ook nuwe inhoud by die meeste hoofstukke gevoeg. Sy wens is dat hierdie boek nog vele mense se lewens sal aanraak sodat hulle ook hulleself so spesiaal sal ervaar as deur deur God se sagte oë.

Ewald is tans op die bestuur van Christian Media Publishing. Hy is ook besig om sy doktorsgraad (Nuwe Testament) by die Radboud Universiteit in Nederland te voltooi.

Kyk gerus na sy topverkopers:

Ewald van Rensburg se boeke is nou beskikbaar by Bybel-Media.