
’n Predikant, lewensafrigter en musikant
Siegfried Louw het grootgeword in Vryheid, KwaZulu-Natal en sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Bellville in die Wes-Kaap voltooi. Na sy teologiese opleiding aan die Universiteit van Stellenbosch het hy ’n nagraadse kwalifikasie in spelterapie bekom.
Hy is ’n predikant wat ook as lewensafrigter van Transmind SA mense begelei deur fases van verandering. Hy maak graag gebruik van musiek, teater, poppekas en ander kunste om mense nuwe opsies vir die lewe te gee.
Siegfried, voorheen leraar by Brackenfell-Proteahoogte, het onlangs ’n pos aanvaar as Predikant in Sinodale Diens by die Wes-Kaapland Sinode.
Siegfried is ook ’n skrywer van kinderboeke en sy Ligland-reeks is enig in sy soort. Hierdie reeks kinderboeke help jong kinders met verlies, angstigheid, boeliegedrag en alleenheid op maniere wat maklik is om te verstaan.
Met die eenvoudige sketse, taalgebruik en storielyne vang Siegfried kinders se probleme vas sonder om hulle gevoelens van hartseer weg te praat of te ontken. Siegfried se teoretiese kennis en praktiese ervaring as spelterapeut is duidelik sigbaar dwarsdeur hierdie reeks. Hierdie boeke is beskikbaar in Afrikaans, Engels, isiXhosa en Sesotho.
Kyk gerus na sy reeks boeke:
Siegfried Louw en sy Ligland-reeks is nou beskikbaar by Bybel-Media.
