Die predikant wat stories vertel

Fourie Rossouw is ’n knap skrywer, storieverteller en predikant. Hy woon in Strand en het ’n liefde vir die stad en ’n swakheid vir die platteland. In sy skryfwerk probeer hy die heiligheid van die alledaagse uitwys, maar moet in die algemeen met ’n knippie sout gelees word.

Wanneer jy Fourie se skryfwerk lees, voel dit asof die son in jou hart opkom. Hy gesels met jou deur middel van onopgesmukte innige stories. As skrywer van rubriekbundels het Fourie se werk ’n innemende egtheid en eerlikheid wat jou sommer van meet af aan laat tuis voel.

Kyk gerus na sy nuutste boek: Ligvoets is nou beskikbaar by Bybel-Media.