Hierdie onderwyser fokus op kinders se geloofsvorming

Susan Goosen is ’n gekwalifiseerde onderwyser en skrywer wat nog altyd ’n liefde vir woorde, boeke en skryf gehad het. Deur haar betrokkenheid by skole en haar eie ervarings met haar kinders het die Here die belangrikheid van geloofsvorming op haar hart kom lê.

Susan spesialiseer in die geloofsvorming van kinders en jongmense en geloofsgroei binne gesinne. Benewens haar gereelde artikels en rubrieke in Christelike tydskrifte soos LiG het sy ook verskeie boeke geskryf soos die Vertel-Vertel! reeks en die pragtige Kinderbybel: Vertel my meer. Haar boeke is reeds in verskeie Suid-Afrikaanse tale vertaal.

Kyk gerus na haar boeke:

Susan Goosen se boeke is nou beskikbaar by Bybel-Media.