’n Predikant, bekende skrywer en invloedryke kerkleier

Coenie Burger is een van daardie name wat aan almal in die NG Kerk bekend is — en vir goeie rede. Hy is ’n oud-predikant, teoloog en skrywer van talle boeke en artikels. 

Coenie het predikant geword op Graaff-Reinet in 1975 en in 1979 word hy ’n studenteleraar op Stellenbosch. Daarna het hy sy doktorsgraad in 1985 in praktiese teologie behaal.

Hy is ook bekend as die mederedakteur en mede­skrywer van Woord teen die Lig, ’n reeks van 20 publikasies, elk met sowat 20 eksegetiese stu­dies en preekriglyne. 

In 1993 is die Andrew Murray-prys aan hom toegeken vir Die dinamika van ’n Christelike geloofsgemeenskap, en weer in 2017 saam met Andries Cilliers vir Ontvang wat vir julle gegee is – Hoe die doop ons kan leer om met Christus te leef. Sy reeks van meer as 40 boeke word nogsteeds wyd bekroon.

Coenie het ook gedien as die moderator van die Algemene Sinode en die Wes-Kaapse Sinode van die NG Kerk. Onder sy leiding aanvaar hierdie sinodes ’n roepingsverklaring waarin die NG Kerk hom opnuut verbind tot God, tot same­werking met ander kerke, tot Afrika en in die besonder tot Suider-Afrika. As skrywer van talle teologiese boeke het hy met sy werke ’n diep indruk op leraars, gemeentes en gelowiges gemaak. Coenie was ook op die dagbestuur van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en The Evangelical Alliance of South Africa.

Kyk gerus na sy topverkopers:

Coenie Burger se boeke is nou beskikbaar by Bybel-Media.