’n Predikant en bekroonde Christenskrywer

Dr. Barend Vos is ’n uitstaande Christenskrywer, teksversorger en predikant. 

Sy eerste boek verskyn in 1998 en sedertdien het hy al meer as 20 boeke gepubliseer. Hy is veral bekend as die skrywer van Uit die Beek, een van die oudste en gewildste Afrikaanse Bybeldagboeke wat elke jaar uitgereik word. Dr. Vos sien dit as ’n groot eer om hierdie tradisieryke dagboek te kan skryf en hy werk tans aan die volgende uitgawe. 

Sy boek Kanaän is ook nou op die rakke beskikbaar en vertel die wonderlike verhaal van die veertigjaarlange woestyntrek na die beloofde land. Dr. Vos se skryfwerk sluit alles in van dagstukkies tot fiksie en romans. Al sy werk is gebaseer op die Bybel. 

Hy skryf gereeld rubrieke vir die Volksblad en is selfs bekroon met ’n ATKV-veertjie vir een van sy wonderlike stories wat in LiG-tydskrif gepubliseer is. Sy humoristiese vertellings genaamd Grootseunbriewe illustreer die alledaagse stories van ’n plattelandse dominee en verskyn al sedert Junie 2000 in hierdie tydskrif. Hierdie verhale is ook versamel in geïllustreerde bundels.

In 2001 het Dr. Vos die CBSA-prys vir fiksie gewen en in 2016 is hy bekroon met die gesogte Andrew Murray-prys.

Dr. Barend Vos se gebedeboek uit Psalms, Die ewigheid in my hart, het in 2015 verskyn en is al vier maal herdruk. ie Psalms is geliefde leesstof vir hom wat na sy mening  steeds die Bybelleser se hart kan aanraak. 

Dr. Vos skryf ook die dagstukkies wat deur Bybel-Media se Boodskap vir Vandag-projek uitgestuur word aan duisende lesers regoor die land. Hierdie elektroniese dagstukkies inspireer en bemoeding mense op hulle geloofreis.

Kyk gerus na sy topverkopers:

Dr. Barend Vos se boeke is nou beskikbaar by Bybel-Media.