Ontmoet die vader van spirituele begeleiding in die NG Kerk.

Dr. Willem Nicol is een van die welbekende predikante in die NG Kerk. Hy staan bekend as die vader van spirituele begeleiding in ons kerk. Sy betrokkenheid by die NG Kerk strek oor baie dekades – vir 33 jaar was hy ook studenteleraar van die NG Kerk in Pretoria. 

Hy het ’n doktorsgraad in Nuwe Testamentiese Wetenskap behaal met navorsing oor die Evangelie van Johannes sowel as ’n doktorsgraad in Sistematiese Teologie. 

Dr. Willem Nicol is ’n vryskutpredikant en sy bediening fokus op die kontemplatiewe sy van geloof. Sedert 1988 het hy al meer as 10 boeke oor hierdie onderwerp geskryf. 

Hy is ’n selfstandige Christen-denker wat sy sieninge op ’n helder manier oordra en sy lesers op ’n besondere wyse aanspreek. Hy het ʼn passie vir sy leefstyl met ʼn bewussyn wat oop is vir die Here, en dis veral waaroor sy skryfwerk gaan. 

Sy reeks Bybelstudieboeke is ook ’n reuse sukses! Dis perfek vir kleingroepe of om selfs net op jou eie te bestudeer. Sy nuwe boek Genooi om te volg fokus op Jesus se aardse lewe en leer ons hoe om Jesus se voorbeeld na te volg in ons lewens vandag.

Kyk gerus na sy topverkopers:

Dr. Willem Nicol se boeke is nou beskikbaar by Bybel-Media.