’n Skrywer, sakevrou en ma. ’n Gewone mens, nes ek en jy.
Jy het sekerlik al van Milanie Vosloo gehoor. Sy is ’n topverkoper-outeur wat deur haar boeke al duisende vroue se lewens verander het.
Met wyse dagstukkies en lieflike gebedeboeke raak sy die harte van haar lesers aan. Milanie se woorde bring inspirasie en hoop omdat sy met opregtheid haar eie lewensondervinding meedeel. Sy verstaan die hart van ’n vrou en gee wyse raad oor hoe om die moeilike dele van die lewe te hanteer.
Nie net is sy ’n vrou vir haar man, Johan Vosloo, en ma vir hulle twee kinders nie, maar sy speel ook ’n groot rol in die sukses van haar eie besigheid, Uppe Marketing. Onder haar leierskap het hierdie advertensiemaatskappy al baie industriepryse gewen. Milanie is ook in 1994 aangewys as Suid-Afrika se Besigheidsvrou van die Jaar.
Boonop is sy ook ’n kolom-skrywer vir LiG en ’n gesogte spreker vir enige geleentheid.
Alhoewel Milanie al baie prestasies behaal het, vind sy haar vreugde daarin om ’n verskil in ander se lewens te maak, en dis presies wat sy regkry met haar skryfwerk. In eenvoudige, maklik verstaanbare taal motiveer, ondersteun en moedig sy jou in geloof aan.
Kyk gerus na haar topverkopers:
Milanie Vosloo se boeke is nou beskikbaar by Bybel-Media.