’n Skrywer, leraar en berader binne en buite die gemeente.

Dr. Nico Smit is ’n leraar by Dalpark-gemeente aan die Oos-Rand, waar hy verantwoordelik is vir die pastorale versorging van die gemeente. 

As geregistreerde berader doen hy ook spreekkamerwerk. Nico is getroud met Karen, ’n hospitaalapteker en sy hart se punt. Hy is ook ywerig betrokke in die wyer gemeenskap.

Sy nuwe boek Ek weet dit alte goed is op die rakke en dis ’n wonderlike reis deur al die ervarings wat kleur aan ons lewens gee. 

Met Psalm 139 as ankerteks vertel dié jong dominee openlik en eerlik hoe hy die lewe beleef én geleer het om vir homself te lag. Sy stories sal jou soms laat huil en ander kere heerlik laat lag, boweal sal dit jou inspireer en nuwe hoop gee.

Sy boeiende woordsketse getuig van ons weerloosheid, maar ook van ons as die kroon van God se skepping, van ons wat só wonderlik aanmekaargeweef is deur die God wat mag en krag het, maar wat ook nader aan ons is as ons eie vel.

Kyk gerus na Dr. Nico Smit se nuwe boek:

Ek weet dit alte goed is nou beskikbaar by Bybel-Media.