Kom geniet die werke van ’n onderwyser, skrywer en ma.

Lizette Murray skryf soos geen ander skrywer nie. Wanneer jy haar boeke lees, voel dit asof sy jou hart aanraak. Sy skryf in doodgewone taal, onopgesmuk en met ’n teerheid wat jou oopmaak vir die gedagtes wat sy deel. Dít is die tipe leesmateriaal wat jy van hierdie skrywer, onderwyseres en ma van vyf seuns kan verwag.

Haar groot liefdes is woorde, musiek en kinders. Dit is in hierdie rigtings waar sy haar talente ten volle benut. Lizette is medeskrywer van die bekroonde kinderboek Stippe Stappe Stories sowel as die kinderstrokiesprent Bibber Bobbejaantjie

Verder skryf sy ook tydskrifrubrieke vir LiG en ook vir Lééf met hart en siel, asook inspirerende gebedeboeke vir jong ma’s. 

Uit haar pen verskyn ‘n aantal Bybelse musiekblyspele, Die Koms van die Koning, Kanaän toe! en Dawidsfees, asook lirieke vir kore. Maar dis nie al nie. Sy skryf ook kinderboeke wat daarop gemik is om kinders in eenvoudige taal oor God se liefde en die Bybel se waarhede te leer. Op die rakke is ook bundels met kortverhale oor haar lewe: My hart se baie punte en Alfabet van oorvloed is reeds reusetreffers onder lesers.

Kyk gerus na haar topverkopers:

Lizette Murray se boeke is nou beskikbaar by Bybel-Media.