Topverkoper-skrywer en iemand met ’n passie vir die Bybel.
Jaco Thom is predikant van die NG gemeente Toringkerk in die Paarl, waar hy veral verantwoordelik is vir die kleingroepbediening van die gemeente.
Hy het as ’n topverkoper-skrywer bekend geword vir sy Bybelse romans. Die Bybelroman 1 en 2 vertel die hele Bybelse verhaal vanaf Genesis tot Openbaring.
Hy wil met sy romans deur die oë van die Bybelkarakters kyk en sy lesers sodoende help om God aan die werk te sien. Hy slaag sonder literêre pretensie daarin om die verhaal van die Bybel op ʼn vars manier oor te vertel.
Aanvanklik het Jaco Thom grepe van die Bybelverhaal in koerantvorm verwerk en dit só gepubliseer. Terwyl die Bybel sy passie is, is hy ook ’n toegewyde gesinsman.
Vir sy wonderlike skryfwerk het Jaco Thom alreeds baie toekennings ontvang, insluitend die 1995 CUM Afrikaans Stereo prys vir beste debuutroman vir Die Vreemdeling, en ook agt CBSA-toekennings vir Beste Publikasie vanaf 2000 tot 2005.
Kyk gerus na sy topverkopers:
Jaco Thom se boeke is nou beskikbaar by Bybel-Media.