Kry jou gebede- en dagstukboeke uit sy pen.
Onthou jy die film Faith Like Potatoes (2006)? Dit gaan oor ’n boer wat nooit opgee nie en wat al sy vertroue in die Here plaas. Hierdie verhaal kom uit die pen van Angus Buchan.
In 1980 het Angus Buchan die roeping van God gehoor om die evangelie te verkondig. Hy het toe Shalom Ministries in Suid-Afrika gestig. Die doel daarvan was om God se Woord binne sy eie gemeenskap en ook in Afrika met ander mense te deel.
Hy skryf, neem TV-uitsendings op en reis gereeld om die woord van God aan mense regoor die wêreld te bring. Hy is ’n voltydse evangelis en ’n gewilde spreker.
Sy skryfwerk bestaan meestal uit gebede- en dagstukboeke wat elke dag vir mense die vertroosting van God en sy oneindige liefde bring.
Kyk gerus na sy topverkopers:
Angus Buchan se boeke is nou beskikbaar by Bybel-Media.