Woestynwysheid

R185.00

Stilte, eenvoud en afsondering … Wêreldwyd is daar ’n hernude belangstelling in die ou geloofstradisies en ’n soeke na innerlike verdieping en heelheid.

SKU: 9780796318206 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 272

OPSOMMING: Stilte, eenvoud en afsondering … Wêreldwyd is daar ’n hernude belangstelling in die ou geloofstradisies en ’n soeke na innerlike verdieping en heelheid. Bekende berader en predikant Ronell Bezuidenhout se nuwe boek gee praktiese raad vir besige mense in vandag se wêreld. Dié boek is vir jou as jy

  • meer wil put uit jou verhouding met God
  • soek na innerlike vrede en ’n lewe gevul met vreugde
  • aanvoel dat daar ’n groter realiteit is as die alledaagse materie wat ons om ons sien
  • ’n behoefte het om God beter en dieper te leer ken.

Woestynwysheid stel jou voor aan mense van die vroegste eeue wat dieselfde behoeftes gehad het. Dit verduidelik hoe hul insigte op vandag se lewe van toespassing gemaak kan word. Geskryf vir die post-kerklike Christen op soek na iets méér.

SKRYWER

Ronell Bezuidenhout is ’n predikant van die Fontainebleau Gemeenskapskerk. Sy is ook ’n bekende in kerklike kringe, veral as gasprediker in gemeentes en aanbieder van werkswinkels en wegbreeknaweke. Ronell bied landswyd retreats aan wat veral fokus op die inoefening van ou geloofs- en lewensgewoontes wat besige stadsmense nuut oor hul lewens laat nadink.

Sy het bygedra tot die Leefstylbybel vir vroue en God gee die môrester. Sy was die outeur van Was my lewe maar ’n somervakansie (dagstukkieboek vir tienerdogters).