Wanneer water wyn word

R230.00

Toe Vivian op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander – haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin ’n huis op Vredenburg te kry, maar min weet sy die huis het ’n prys. Vivian word vervreem van haar familie en verval in ’n spiraal van mishandeling. Sy laat haar egter nie onderkry nie, en besluit eendag dat sy genoeg gehad het. Sy begin haar lewe van voor af bou. Vivian het ’n kop vir besigheid, en ná verskeie poste besluit sy om haar eie wynbesigheid te begin. Nou, jare later, het sy haar eerste oes afgehaal en word die wyn na Wallmart uitgevoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie, deursettingsvermoë en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.

SKU: 9780796321145 Categories: , ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE:

OPSOMMING: Toe Vivian op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander – haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin ’n huis op Vredenburg te kry, maar min weet sy die huis het ’n prys. Vivian word vervreem van haar familie en verval in ’n spiraal van mishandeling. Sy laat haar egter nie onderkry nie, en besluit eendag dat sy genoeg gehad het. Sy begin haar lewe van voor af bou. Vivian het ’n kop vir besigheid, en ná verskeie poste besluit sy om haar eie wynbesigheid te begin. Nou, jare later, het sy haar eerste oes afgehaal en word die wyn na Wallmart uitgevoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie, deursettingsvermoë en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.

SKRYWER
Jacqueline Leuvennink het aan Stellenbosch Universiteit studeer. Sy het aanvanklik voltyds by Die Burger en Sarie gewerk, maar haar
later gevestig as vryskutjoernalis vir verskeie tydskrifte (onder meer Insig, Sarie, Lig, Lééf en Rooi Rose). Jacqueline en Jaco het twee
seuns en woon op Kleinmond. Vivian Kleynhans het grootgeword in Paternoster as een van agt kinders. Sy was al onder andere ’n finansiële makelaar en ’n huisagent, en het ook in die personeelbedryf gewerk. Sy wou nog altyd haar eie sakeonderneming bedryf en is die eienaar van Seven Sisters Wines op Stellenbosch, wat wyn uitvoer na die VSA.