Waarheen is jy op pad?

R151.27

Wie van ons het nie ’n mentor nodig om ons te lei op die pad wat ons moet loop nie? Die Bybel bied riglyne vir hoe ons deur padversperrings, ompaaie en slaggate moet stuur wat ons daarvan weerhou om ons bestemming te bereik. Topverkoper-outeurs gee in Waarheen is jy op pad? insig wat geestelike gesondheid verseker ten spyte van die struikelblokke wat ons op ons reis teëkom.

SKU: 9781431612680 Category:

Description

SUBTITEL: ‘n Persoonlike gids op jou lewensreis

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 240

OPSOMMING: Wens jy ook jy het ʼn kaart gehad vir die lewe? En die regte pad vir jóú moet sommer duidelik gemerk wees! Waarheen is jy op pad? bring 13 gesoute le-wensreisigers bymekaar om vir jou raad te gee op die lewenspad. Francis Chan, Bill Hybels, Gordon MacDonald en Eugene Peterson is van die skrywers wat bemoediging, wysheid en Bybelse raad gee oor omstandighede wat ons almal raak.

Hierdie geestelike mentors bespreek vrae soos:
Hoe weet ek wat my roeping is?
Hoe lyk dit wanneer ek na die Heilige Gees luister in my lewe?
Hoe vind ek betekenis in lyding?
Wat kan ek doen om konflik op te los?
Ons is almal op dieselfde reis, op pad na dieselfde eindbestemming. Met die hulp van dié wat reeds die pad gestap het, kan ons vrede en perspektief op ons reis vind.

SKRYWERS WAT SAAMGEWERK HET
– Francis Chan
– Eugene Peterson
– Bill Hybels
– Gordon MacDonald
– Mark Buchanan
– Nathan Conrad
– Steve May
– Tullian Tchividjian
– Ruth Haley Barton
– Skye Jethani
– Mark Labberton
– Donald Sunukjian