Waag om te word – Wie is ek?

R121.00

Die twee grootste koersaanpassings in enige mens se lewe is met jou troue en die dag as jy pappa of mamma word. Hiervoor het jy geen opleiding ontvang nie. Net so met die lewe.

SKU: 9781689060183 Category:

Description

FORMAAT: DVD

OPSOMMING: Niemand sal ooit lekker met iemand anders lepel kan lê voordat hy lekker lepel met homself kan lê nie. Jesus vat die wet saam (Matt.22) en sê dat ons God moet liefhê, en ons naaste SOOS ONSSELF. Ongelukkig kry bitter min mense dit reg om hulleself lief te hê.

INHOUD

Ons kyk na wanbalanse in ons menswees en die gevolge daarvan op ons.

Ons gaan verder kyk waaruit jou sielsdimensie bestaan en watter wanbalanse hier ontstaan het.

Dan kyk ons hoe ons persepsies vorm en hoe dit ons gevoelens en gedrag bepaal.

Laastens kyk ons na die mense en faktore wat ons vol duike geslaan het en hoe dit ons menswees beïnvloed het

DIE AANBIEDER

Charl Botha