Waag om te word – Alles is net genade

R121.00

Die twee grootste koersaanpassings in enige mens se lewe is met jou troue en die dag as jy pappa of mamma word. Hiervoor het jy geen opleiding ontvang nie. Net so met die lewe.

SKU: 9781689060190 Category:

Description

FORMAAT: DVD

OPSOMMING:  Voordat ‘n mens erken dat jy ‘n probleem het en vra om gehelp te word, kan niemand iets vir jou doen nie. Van kleintyd af word ons lewe gerig deur die kleuter-mentaliteit van, “ek kan self”. Verder het Satan met ‘n fyn beplande strategie met ons koppe kom smokkel en ons laat glo dat geluk iewers buite lê.

INHOUD

In hierdie deel kyk ons na die mens se soeke na sin, waar elkeen van ons inpas, hoe ons mense geword het met ’n hol kolle, Satan se strategie en die geelwortels wat hy voor ons hou.

Dan kyk ons ook na hoe ons krukke lyk en wat die uiteinde daarvan is.

Ons sluit die deel af deur te kyk na hoe ons lyk, hoekom ons so lyk en wie ons werklik is.

AANBIEDER

Charl Botha