Vrygewige lewe

R65.00

Wat behoort my finansiële bydrae tot die werk van die Here te wees? Deur ’n geloofsreis van 40 dae lei die skrywer gelowiges om ’n meer vrygewige lewe tot voordeel van God en sy werk aan te leer

Description

SUBTITEL: 40 Dae lange geloofsreis na ’n meer vrygewige lewe

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 92

OPSOMMING: Wat behoort my finansiële bydrae tot die werk van die Here te wees?Wat sê die Bybel hieroor? In 40 Dae na ’n meer vrygewige lewe lei Brian Kluth gelowiges om hierdie aspek van hulle geloofslewe te ondersoek. Deur 40 dagstukke, geselekteerde gedeeltes uit die Bybel, artikels en praktiese werkblaaie, help die skrywer gelowiges om hulle huishoudelike begroting só op te stel dat hulle ’n meer vrygewige lewe tot voordeel van God en sy werk kan hê.

Die leser kry die geleentheid om die Bybel se siening en riglyne vir ’n meer vrygewige lewe te ontdek. Talle getuienisse van gelowiges wat ruim bydra tot die werk van die Here word as voorbeelde van ’n vrygewige lewe aangebied. Die skrywer wys ook op die manier waarop die Here gelowiges seën wat ’n gereelde en getroue bydrae vir hulle kerk of gemeente gee.

40 Dae na ’n meer vrygewige lewe sal ’n verdieping in jou geestelike lewe bring en jou help om op God te vertrou om in jou behoeftes te voorsien.

INHOUD

Reisgids vir jou 40 dae geloofsreis na ’n meer vrygewige lewe

Week 1
Dag 1 Alles behoort aan God
Dag 2 God is die Voorsiener van alle goeie dinge in jou lewe
Artikel: Praktiese raad oor gee
Dag 3 Jou rol is: trustee, bestuurder en rentmeester van alles wat God aan jou in jou lewe toevertrou
Dag 4 God sien as jy gee
Dag 5 Moenie hoogmoedig raak oor enigiets wat God aan jou toevertrou het nie
Dag 6 Selfs die armes moet ’n gedeelte van wat hulle het aan God gee
Dag 7 Beplan hoe jy getrou maandeliks ’n tiende of MEER van jou finansiële hulpbronne vir God se werk kan gee
Artikel: Die getroue gewer se “Sewe groot verrassings”

Week 1 Werkbladprojek: Fokus om te gee na gelang van wat jou INKOMSTE is
Persoonlike, gesins- of groepsvrae

Week 2
Dag 8 Moenie op jou rykdom vertrou nie, vertrou op God
Dag 9 Besef dat rykdom jou kan bedrieg
Artikel: Tel jou seëninge
Dag 10 Leer jou kinders om getroue en vrygewige gewers te wees
Dag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met wat God daagliks voorsien
Dag 12 Jy kan nie God “en” geld dien nie. Maar jy moet leer om God “met” geld te dien
Dag 13 As jy vir plesier leef, kan dit gevaarlike gevolge hê
Dag 14 Moenie vir hierdie lewe leef nie, maar vir jou hemelse tuiste
Artikel: Praktiese raad vir godvrugtige leefstyl-veranderinge

Week 2 Werkbladprojek: Fokus om te gee na gelang van jou LEEFSTYL
Persoonlike, gesins- of groepsvrae

Week 3
Dag 15 Die begeerte na meer kan ’n nadelige invloed op jou lewe en geloof hê
Dag 16 Bouprojekte bied die geleentheid waardeur God deur groot openbare bydraes, asook die bydraes van ’n groep leiers, verheerlik kan word en ’n groot vrygewigheid en blydskap tot gevolg kan hê.
Artikel: 10 Bybelse redes om 10% OF MEER van jou inkomste vir God se werk te gee
Dag 17 Die lewe bestaan nie uit hoeveel besittings jy het nie
Dag 18 Gee in verhouding met God se materiële seëninge aan jou
Dag 19 Vroue speel ’n belangrike rol om vir God se werk te gee
Dag 20 Waak teen gierigheid, opgaar en selfsug in jou lewe
Dag 21 Dink goed na oor jou finansiële bestuurstyl en moenie God se huis en dienaars afskeep nie
Artikel: Die verstommende verhaal van ‘n miljoenêr-gewer

Week 3 Werkbladprojek: Fokus om te gee na gelang van jou BATES
Persoonlike, gesins- of groepsvrae

Week 4
Dag 22 God het ’n hoë agting vir Christene in nederige finansiële omstandighede
Dag 23 God het goeie werk vir jou om te doen in jou leeftyd
Artikel: God se kreatiewe voorsiening
Dag 24 Sommige mense is geroep om oordadig te gee
Dag 25 God kan groot dinge vermag deur ’n enkele persoon of groep wat aan hom toegewy is
Dag 26 God seën jou op finansiële gebied, sodat jy ’n seën vir ander kan wees
Dag 27 Dis is gepas om mense te vra hoe jy hulle kan help
Dag 28 God sal jou getroue vrygewigheid en harde werk beloon
Artikel: Net soos by Monopoly beland alles terug in die boks

Week 4 Werkbladprojek: Fokus op wat jy gee na gelang van wat jy in die verlede gegee het
Persoonlike, gesins- of groepsvrae

Week 5
Dag 29 Die gewer en die frontlinie-werker is gelyke vennote in God se werk
Dag 30 Jou gawes sal ’n groot hulp en aanmoediging vir ander wees
Artikel: Blink uit deur die genade om te gee
Dag 31 Jou toewyding aan God en jou vrygewige lewe sal aan jou ’n voller en ryker lewe gee
Dag 32 Verstaan dat die Here spesifieke mense op jou lewenspad sal bring wat jy waaarlik kan help
Dag 33 Enige rykdom wat verkeerdelik bekom is, het ernstige gevolge
Dag 34 Verstaan dat God enigiemand en enige hulpbron vir sy werk kan gebruik
Dag 35 Jou gawes in hierdie lewe sal ’n invloed hê op jou belewenis in die ewigheid
Artikel: Gryp die geleentheid

Week 5 Werkbladprojek: Fokus om te gee na gelang van wat jou REAKSIE is
Persoonlike, gesins- of groepsvrae

Week 6
Dag 36 Wanneer jy die armes en hulpbehoewendes help, moet dit nie vanweë ’n drang na openbare erkenning wees nie
Dag 37 Selfs jou kleinste goeie daad sal onthou en beloon word
Dag 38 Jou plaaslike kerk en predikante behoort ’n primêre fokus van jou gawes te wees
Dag 39 Bouprojekte verdien jou ondersteuning
Dag 40 God sal ander verdienstelike gee-geleenthede aan jou uitwys
Artikel: God begeer dat Christene moet leer om te …

Week 6 Werkbladprojek: Fokus om te gee na gelang van jou DANKBAARHEID
Kry jou huis in orde

Hoe om te bestel

Handige finansiële hulpbronne

UITGEWER: Bybelkor

SKRYWER:

Brian Kluth is ’n predikant en stigter van MAXIMUMgenerosity (www.maximumgenerosity.org). Sy materiaal oor ’n vrygewige lewe word in meer as 100 lande onder leraars, gemeenteleiers en lidmate van duisende kerke versprei. Brian Kluth se lewe is deur Jesus Christus verander toe hy geleer het om vrygewig te gee en leef, gebaseer op die waarheid van God se Woord wat ook in hierdie boekie gevind kan word. Vandag word Brian se materiaal oor ’n vrygewige lewe in meer as 100 lande versprei onder leraars, gemeenteleiers en lidmate van duisende kerke.

Sy prediking oor ’n vrygewige lewe en leierskapopleiding het hom na stede, kerke en konferensies dwarsoor Amerika en om die wêreld geneem. Brian se webtuiste,www.MAXIMUMgenerosity.org is in die topposisie by baie internetsoekenjins en duisende mense kry sy elektroniese nuusbrief oor vrygewigheid. Brian is ’n senior leraar in Colorado Springs. Hy, sy vrou Sandi en hulle drie kinders woon hier. Sy e-posadres is: 40days@kluth.org