Vroue na aan my hart

R260.00

LiG-intekenaarprys: R130.00

ONTVANG 50% AFSLAG BY DIE LiG-BOEKKLUB
Koop uitgesoekte boeke teen halfprys as jy ‘n LiG-intekenaar is. 
GEBRUIK JOU INTEKENNOMMER AS KOEPON OM AFSLAG TE KRY. 

Hannes van Wyk, ’n bekende in mediakringe en aanbieder van die gewilde Kwêla op kykNET, laat val die kollig op dié vroue wat sy lewe aangeraak het, of wat hom aangryp en inspireer. Dit sluit talle “celebs” in, sowel as Hannes se hartsvroue – sy ma, oumas, vriendinne, hulle wat hom grootgemaak het en so deel is van wie hy vandag is. Onder die bekendes tel Shaleen Surtie-Richards, Christine Basson, Lizz Meiring, Zanne Stapelberg, Anet Pienaar-Vosloo, Wilna Snyman, Marga van Rooy, Corine du Toit, Rina Hugo, Sarah Theron, Amanda Strydom, Sonja Herholdt, Sandra Prinsloo, Karen Meiring, Margot Luyt, Carike Keuzenkamp, Elize Cawood, Anna Neethling-Pohl, Emsie Schoeman, Ingrid Jones, Michélle van Breda, Brümilda van Rensburg, Elsabé Daneel, en selfs Evita. Staaltjies en humoristiese vertellings – soms selfs lekker stout – en talle foto’s maak Vroue na aan my hart ’n heerlike boek vir opkrul en weerlees.

SKU: 9780798172646 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 176

BESKRYWING: Hannes van Wyk, ’n bekende in mediakringe en aanbieder van die gewilde Kwêla op kykNET, laat val die kollig op dié vroue wat sy lewe aangeraak het, of wat hom aangryp en inspireer. Dit sluit talle “celebs” in, sowel as Hannes se hartsvroue – sy ma, oumas, vriendinne, hulle wat hom grootgemaak het en so deel is van wie hy vandag is. Onder die bekendes tel Shaleen Surtie-Richards, Christine Basson, Lizz Meiring, Zanne Stapelberg, Anet Pienaar-Vosloo, Wilna Snyman, Marga van Rooy, Corine du Toit, Rina Hugo, Sarah Theron, Amanda Strydom, Sonja Herholdt, Sandra Prinsloo, Karen Meiring, Margot Luyt, Carike Keuzenkamp, Elize Cawood, Anna Neethling-Pohl, Emsie Schoeman, Ingrid Jones, Michélle van Breda, Brümilda van Rensburg, Elsabé Daneel, en selfs Evita. Staaltjies en humoristiese vertellings – soms selfs lekker stout – en talle foto’s maak Vroue na aan my hart ’n heerlike boek vir opkrul en weerlees.

SKRYWER
Hannes van Wyk is ’n gewilde SuidAfrikaanse akteur, aanbieder en vervaardiger. Hy is as akteur veral bekend vir sy rol as Krynauw in
Egoli: Plek van goud. In 2010 het hy ook sy rolprentdebuut as Johan de Villiers in Susanna van Biljon gemaak. Hy is tans die aanbieder
van Kwêla op KykNET. Hy bied ook gereeld werksessies vir vroue aan.

UITGEWER: Human & Rousseau