Vrede vloei soos ʼn rivier

R150.00

In hierdie boek sê Daan Cloete hy ag homself gelukkig dat hy in hierdie bepaalde tyd en in hierdie land geleef het.
Dit was ʼn tydperk vol drama en opwinding, tragedie en komedie. Die Suid-Afrikaanse rivier het, saam met al die hoofstrome en bystrome in sy eie lewe, inderdaad tussen kranse deur, om rotse heen en oor klippe gevloei.

SKU: 9781776160129 Category:

Description

SUBTITEL: Oor die strome van my lewe. Oorvertelde Suid-Afrikaanse meesterverhaal

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 272

OPSOMMING: In hierdie boek sê Daan Cloete hy ag homself gelukkig dat hy in hierdie bepaalde tyd en in hierdie land geleef het.
Dit was ʼn tydperk vol drama en opwinding, tragedie en komedie. Die Suid-Afrikaanse rivier het, saam met al die hoofstrome en bystrome in sy eie lewe, inderdaad tussen kranse deur, om rotse heen en oor klippe gevloei.

Dat ons enigsins by ʼn vorm van afsluiting kon kom, daarvoor moet ons dankbaar wees. Dit is sy storie hierdie, die verhaal van hoe hy sy lewensjare in Suid-Afrika beleef het. Toe hy nagedink het oor hoe hy die verloop van sy lewe sou wou verwoord, was hy self verbaas om te sien dat hy sy lewe by verskillende riviere deurgebring het, en dat dié riviere gedien het as kontekste vir die verskillende fases van die ontwikkeling van sy lewe.

Oor die toekoms, glo hy, het ons genoeg rede om hoopvol te wees. Die rivier wat Suid-Afrika is, moet nou rustig voortvloei sodat die bome langs sy oewers vrugte kan dra en hulle blare vir die land vrede en genesing kan bring.

INHOUD

Inleiding

  1. Die spruite en riviere van my lewe
  2. 1938-1951: Die eerste bystroom van my lewe – van onskuld en onkunde by die Hol- en Olifantsrivier
  3. 1952-1962: Die tweede bystroom van my lewe – van ontwaking en ontnugtering
  4. 1963-1972: Die derde bystroom van my lewe – van heroriёntering en ontgogeling
  5. 1972-1980: Die vierde bystroom van my lewe – van verbreding en verdieping
  6. 1980-1990: Die vyfde bystroom van my lewe – van konfrontasie en ontsluiting
  7. 2003 tot op hede: By die strandmeer van my lewe – mymeringe oor wat was en wat kan kom
  8. Só het my rivier gevloei

SKRYWER
Prof Daan Cloete was in die onstuimige 1980’s waarnemende rektor van die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy het in al daardie jare ʼn groot rol as akademikus en teoloog in Suid-Afrika en oorsee gespeel. Hy het ook ʼn groot bydrae gelewer tot die politieke debat in daardie tyd. Prof Daan het ʼn leidende rol gespeel in die administrasie, herstrukturering en ontwikkeling van UWK as opleidingsentrum.