Vir ewig en altyd saam

R176.54

Die jaar se aangrypendste ware verhaal van liefde, foltering, hoop en inspirasie. Die hartverskeurende maar ook inspirerende verhaal van Danny Fourie en Adri-Louise Van Renen, bekendes in die Christelike media industrie. Hulle liefde vir mekaar het baie laat in hul lewens soos ’n amper sprokies-verhaal ontwikkel. Net om met die baie harde werklikheid van Adri-Louise se graad 4 kankerdiagnose gekonfronteer te word.

SKU: 9780796318411 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE:256

OPSOMMING: Die jaar se aangrypendste ware verhaal van liefde, foltering, hoop en inspirasie. Die hartverskeurende maar ook inspirerende verhaal van Danny Fourie en Adri-Louise Van Renen, bekendes in die Christelike media industrie. Hulle liefde vir mekaar het baie laat in hul lewens soos ’n amper sprokies-verhaal ontwikkel. Net om met die baie harde werklikheid van Adri-Louise se graad 4 kankerdiagnose gekonfronteer te word.

Hierdie is die pad wat Danny en Adri-Louise vir twee jaar met mekaar, kanker, hospitale, dokters en ander “engele” gestap het. Dit is ‘n boek vir almal wat deur die kanker-diagnose en behandeling gaan, hetsy of die persoon self die siekte onder lede het, en of dit die huweliksmaat is wat saam deur die proses gaan.

Die inhoud is gemik op die groot groot aantal mense wat deur kanker geraak word, en vir wie daar nie altyd voldoende ondersteuningsnetwerke is nie.

SKRYWER
Adri-Louise was die redakteur van LiG en die eerste vroulike redakteur van die kerkkoerant, Kerkbode.

Danny Fourie was ’n gemeentepredikant, maar  is uit die bediening en was vir ’n tyd die hoof van godsdienstige programme by die SAUK. Hy was as redakteur werksaam by Lux Verbi en CLF en later die publikasiehoof van Bybel-Media.  Hy werk op die oomblik as vryskut in die boekbedryf.