Vertel (Proto-uitgawe)

Sale!

R75.00 R45.00

40% afslag

In Vertel gaan ons met aandag luister na die Goeie Nuus om dit vir onsself nuut te ontvang en om dit aan ander oor te dra.
Ons gaan oefen om tye raak te sien wanneer ons die Goeie Nuus met ander kan deel. En ons gaan leer hoe om sulke gesprekke op ʼn sagte en respekvolle manier te voer.
Mag jou deelname aan hierdie reeks oor die oordra van die Goeie Nuus vir jou ʼn opbouende ervaring wees. En mag ander op verrassende maniere daardeur geraak en verander word.
Mag die Gees jou saam met julle gemeente op ʼn vars manier inskakel by God se beweging van liefde na die wêreld.

SKU: 9781776160174 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Dra die Goeie Nuus. BLY in die OMGEE, WAG op die WOORD, ONTGIN die nuwe LEWE, Getuig oor God se liefde

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 76

OPSOMMING: In Vertel gaan ons met aandag luister na die Goeie Nuus om dit vir onsself nuut te ontvang en om dit aan ander oor te dra.
Ons gaan oefen om tye raak te sien wanneer ons die Goeie Nuus met ander kan deel. En ons gaan leer hoe om sulke gesprekke op ʼn sagte en respekvolle manier te voer.
Mag jou deelname aan hierdie reeks oor die oordra van die Goeie Nuus vir jou ʼn opbouende ervaring wees. En mag ander op verrassende maniere daardeur geraak en verander word.
Mag die Gees jou saam met julle gemeente op ʼn vars manier inskakel by God se beweging van liefde na die wêreld.

Ontstaansagtergrond van Vertel
Vertel is geskryf en ontwerp deur Nelis Janse van Rensburg, Nico Simpson, Pieter van der Walt, Heerden van Niekerk, Wouter van Velden en Karlien van Wyk ter uitvoering van ʼn versoek van die moderamen van die NG Kerk in Wes-Kaapland. ʼn Groter werkgroep het die teologiese begronding en konseptualisering onder leiding van Pieter van der Walt en Nico Simpson gedoen. Die boek in sy huidige konsepformaat word in die NG Kerk Welgemoed tydens ʼn 40-dae-loodsprojek verder verfyn. Bybel-Media lei die produkontwikkeling.

INHOUD
Week 1: Die Goeie Nuus dring ons
Week 2: Die Goeie Nuus vir almal
Week 3: Deel die Goeie Nuus
Week 4: Leef die Goeie Nuus
Week 5: Vier die Goeie Nuus

Bylae 1: Die Goeie Nuus herstel verhoudings
Bylae 2: Goeie Nuus-gesprekke
Bylae 3: Die Goeie Nuus in ses bedrywe
Bylae 4: Beelde en metafore van die Goeie Nuus
Bylae 5: Waar mense ontmoet om die Goeie Nuus te deel

SKRYWERS
Verskeie leraars van die NG Kerk het tot die inhoud van Vertel bygedra.