Van wanhoop na hoop (Gespreksgids)

New

R30.00

BESKIKBAAR VANAF DESEMBER 2019

Van wanhoop na hoop wil jou help om jou uitkyk op die lewe na die opgestane Christus te verskuif, om deur sy oë na jouself en die wêreld rondom jou te kyk, en om God dan toe te laat om hierdie wêreld deur jou te verander.

Die meeste van ons voel vandag effens sonder hoop. Ons hoop het seergekry. Ons hoop is min. Soms voel dit selfs ons het geen hoop meer oor nie.

Description

SUBTITEL: Gespreksgids vir groepe. Met dagstukkies vir die week ná elke byeenkoms.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 72

OPSOMMING: Van wanhoop na hoop wil jou help om jou uitkyk op die lewe na die opgestane Christus te verskuif, om deur sy oë na jouself en die wêreld rondom jou te kyk, en om God dan toe te laat om hierdie wêreld deur jou te verander.

Die meeste van ons voel vandag effens sonder hoop. Ons hoop het seergekry. Ons hoop is min. Soms voel dit selfs ons het geen hoop meer oor nie.

Ons staan verslae en vra soos die dissipels destyds: “Waar is Jesus? Is Hy werklik dood?”

Dit is egter juis dan dat ons deel kan raak van die groepie verslae en hooplose dissipels wat op Golgota na die kruis gestaar het. Want ʼn paar weke later het hierdie selfde groep dissipels, wat vir Jesus verraai en van Hom af weggedraai het, die strate van Jerusalem ingevaar en begin preek.

En wat het hulle verkondig?

Hoop! Want Jesus het uit die dood opgestaan.

God wil ons nie by die kruis los nie. Hy het Jesus uit die dood opgewek. Jesus lééf. En wanneer ons God anderkant die kruis ontdek, kry ons weer hoop.

Ingesluit by hierdie groepgesprekke:

  • 6 gespreksbyeenkomste vir groepe
  • Dagstukkies vir die week ná elke byeenkoms
  • Riglyne vir die fasiliteerders van die groepgesprekke

INHOUD

Week 1: Van vrees na vrede
Week 2: Van toe deure na oop vensters
Week 3: Van uitgestoot na ingesluit
Week 4: Lof in gebrokenheid
Week 5: Vyande as vreemde vriende
Week 6: Van onvergenoegdheid na tevredenheid

SKRYWERS
Uitgegee deur NG gemeente Witrivier in vennootskap met Bybelkor. Verskeie leraars van verskillende gemeentes het tot die inhoud bygedra.