Uitverkoop?

Sale!

R181.57 R58.00

Hierdie is ‘n uitstekende boek en raak ‘n onderwerp aan waaroor niemand nog in Afrikaans sinvol en uitgebreid kon skryf nie.  Die boek is ‘n godsdienstige reaksie op die vele gesigte van die verbruikerskultuur.  Die skrywer slaag op vernuftige manier daarin op tegelyk na ‘n hele klomp fasette van die verbruikerskultuur te kyk, en sy argument tog nog bymekaar te hou.  Alhoewel die boek redelik toeganklik geskryf is, sou ‘n mens miskien kon redeneer dat dit plek-plek ‘n te hoë vlak van ervaring en nadenke by die gemiddelde leser veronderstel.  Hierdie is ‘n moet vir akademici, en ook vir elke predikant wat relevant in sy/haar prediking wil bly.

SKU: 9780796310477 Categories: ,

Description

SUBTITEL:  ‘n Gesprek Oor … Die Verbruikerskultuur

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 246

OPSOMMING: Hierdie is ‘n uitstekende boek en raak ‘n onderwerp aan waaroor niemand nog in Afrikaans sinvol en uitgebreid kon skryf nie.  Die boek is ‘n godsdienstige reaksie op die vele gesigte van die verbruikerskultuur.  Die skrywer slaag op vernuftige manier daarin op tegelyk na ‘n hele klomp fasette van die verbruikerskultuur te kyk, en sy argument tog nog bymekaar te hou.  Alhoewel die boek redelik toeganklik geskryf is, sou ‘n mens miskien kon redeneer dat dit plek-plek ‘n te hoë vlak van ervaring en nadenke by die gemiddelde leser veronderstel.  Hierdie is ‘n moet vir akademici, en ook vir elke predikant wat relevant in sy/haar prediking wil bly.

SKRYWER
Ernst Conradie is mede professor in die departement van Geesteswetenskappe aan die Universiteit van Wes-Kaapland en lewer lesings in Stelselmatige Teologie en Etiek.