Tem jou kind se tantrums

R80.65

In Tem jou kind se tantrums bied New York Times-topverkoper-outeur en kenner van gesinsake James Dobson die sleutel tot ferm, dog liefdevolle dissipline met begrip. Hy kyk spesifiek na die dissipline van ʼn eiesinnige kind en bied praktiese raad en beginsels aan ouers wat hierdie uitdaging daagliks moet trotseer.

SKU: 9781431612765 Category:

Description

SUBTITEL: Hoe ’n liefdevolle ouer met selfdissipline ’n vredevolle tuiste skep

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 144

OPSOMMING: Die meeste ouers het al iewers langs die pad gevoel asof hul kind se buie die huishouding beheer. En dan praat ons nie eers van daardie skaam-my-dood-oomblikke in die winkel waar jy regtig nie weet wat om te doen nie … James Dobson het raad in Tem jou kind se tantrums. In hierdie sakpas-juweeltjie fokus Dobson spe-sifiek op die dissiplinering en liefdevolle vorming van kinders. Dobson gee praktiese raad en basiese beginsels vir ouers wanneer dit kom by sake soos lyfstraf, dissipline vir verskillende ouerdomme, sensi-tiewe kinders en woede by ouers. Tem jou kind se tantrums bevat ook ʼn spesiale afdeling met vrae en antwoorde waar Dobson alge-mene vrae en bekommernisse van ouers behandel. Tem jou kind se tantrums is ideaal vir ouers wat dikwels wonder hoe om daardie klein, maar sterk willetjie onder beheer te bring.

SKRYWER
Dr. James Dobson is die radio-aanbieder van Dr. James Dobson’s Family Talk. Hy is ’n gekwalifiseerde sielkundige en huweliks-, gesins- en kinderberader, asook die outeur van meer as 30 boeke wat gerig is op die behoud van die gesin. James is getroud met Shirley en hulle woon in Colorado. Hulle het 2 volwasse kinders, Danae en Ryan, en ook kleinkinders.