Tannie Poppie kook weer

Sale!

R280.00 R120.00

“Die Chuck Norris van Suid-Afrikaanse kos” en “almal se ouma” is maar van die talle maniere waarop Tannie Poppie bekend is aan haar duisende aanhangers. Dié gewildste van al die TV-Kokkedore het nou haar tweede kookboek. In Tannie Poppie kook weer deel Suid-Afrika se gewildste kos-ouma al haar gunsteling versamelresepte met ons. Die klem is op lékker kos. Die boek bied heerlike resep-idees vir liplekkerhoender, brode, smaaklike poedings, lekkernye vir die teetafel en nog vele meer.
Dit spog deurgaans met volkleurfoto’s van die geregte en lesers sal hul lippe aflek. Hierdie is staatmakerresepte wat jy keer op keer sal gebruik, ideaal vir beginners in die kombuis sowel as ervare kokke.

SKU: 9780798171380 Categories: , ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 224

BESKRYWING: “Die Chuck Norris van Suid-Afrikaanse kos” en “almal se ouma” is maar van die talle maniere waarop Tannie Poppie bekend is aan haar duisende aanhangers. Dié gewildste van al die TV-Kokkedore het nou haar tweede kookboek. In Tannie Poppie kook weer deel Suid-Afrika se gewildste kos-ouma al haar gunsteling versamelresepte met ons. Die klem is op lékker kos. Die boek bied heerlike resep-idees
vir liplekkerhoender, brode, smaaklike poedings, lekkernye vir die teetafel en nog vele meer.
Dit spog deurgaans met volkleurfoto’s van die geregte en lesers sal hul lippe aflek. Hierdie is staatmakerresepte wat jy keer op keer sal gebruik, ideaal vir beginners in die kombuis sowel as ervare kokke.

SKRYWER
Tannie Poppie is ’n fenomeen! Maar voor kykNET se Kokkedoor TV-program was Tannie Poppie net ’n gewone huisvrou, bekend in haar
kontrei as topbakster. Sy was een van die gewildste deelnemers vir haar vrolike gemoed, eenvoudige benadering tot kos en lekker
resepte. Deesdae is sy ’n huishoudelike naam en bak en kook die land aan die brand.