Superhelde – Dagstukke

R101.00

Superhelde is eintlik doodgewone mense. Hulle kort ook aanmoediging en daai ekstra hupstoot. Superhelde – Dagstukke wys vir Jesus se avontuurlustige kinders dat tyd saam met God hulle sal help om helde vir Jesus te wees. Die 101 oordenkings is gebaseer op die beste helde-gids – die Bybel – en sal seuns help verstaan dat superkragte soos om ’n goeie vriend te wees, ander te respekteer en die waarheid te praat belangrik is om ‘n superheld vir Jesus te wees. Saam met elke dagstukkie is daar ook ‘n onthou-nota om seuns te leer hoe ware superhelde optree.

 

SKU: 9781431615681 Category:

Description

SUBTITEL: 101 dagstukke om ‘n superheld vir Jesus te wees.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE:  108

OPSOMMING: Wat het al die groot superhelde in gemeen? Wel, be-halwe vir die kleurvolle kostuums, mantels en super-kragte, is hulle almal gewone mense soos jy. Hulle kort ook aanmoediging en daai ekstra hupstoot.
Superhelde – Dagstukke, geskryf deur Carolyn Larsen en geïllustreer deur Joe Goode, help seuns in 101 oordenkings om te verstaan wat God van hulle verwag as groot superhelde. Hulle sal leer dat om ‘n goeie vriend te wees, ander te respekteer, die waarheid te praat, en vele ander eienskappe hulle superkrag is om ‘n superheld vir Jesus te wees. Saam met elke dag-stukkie is daar ook ‘n onthou-nota om seuns te leer hoe ware superhelde optree.
Superhelde – Dagstukke sal seuns uit hulle groot helde-gids – die Bybel – leer wat dit beteken om ‘n superheld vir Jesus te wees.

OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Carolyn Larsen is die outeur van meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes. Sy het al verskeie pryse vir haar skryfwerk ontvang. Carolyn woon saam met haar man en drie kinders in Glen Ellyn, Illinois. Sy tree gereeld as spreker op by geleenthede vir vroue en soms ook op die verhoog saam met haar eie bedieningsgroep, Flashpoints.
Joe Goode is ‘n illustreerder wat aan die Savannah College of Art and Design gegradueer het. Hy lewer al meer as 15 jaar kuns en illustrasies vir boeke, video’s en strokiesprente.