SingSaamBM – Rekenaarprogram

R2,017.55

Hoe werk Singsaam?

SingSaam word versprei op ‘n 8 GB-stokkie wat vir 5 jaar gewaarborg is. Al wat jy nodig het, is ʼn rekenaar wat aan ‘n dataprojektor en ʼn klankstelsel gekoppel is. Dit kan ook by kampe, bosberade en bidure gebruik word.

Vir eredienste kan die liturgie vooraf opgestel en gestoor word. Daar is ʼn “Kitssing”-opsie waar liedere spontaan gekies en begelei kan word. Die musiek en teks is onmiddellik gekoppel en gereed. Daar is kort opleidingsvideo’s wat jou wys hoe om die program te gebruik. Jy kan aansluit by die SaamSing-gemeenskap by Saamgesels op Facebook en YouTube.

Die SingSaam-program werk op alle Windows-gebaseerde rekenaars (XP en verder).

Slegs gemeentes met ‘n CCLI Liedboek-lisensie kan SingSaamPro aankoop op hul gemeenterekening. Dit moet jaarliks hernu word teen R1000.00

LET WEL: Bybel-Media versprei slegs die rekenaarprogram. Alle tegniese ondersteuning word deur SingsaamPro verskaf. 

SKU: SingSaamPro Categories: , ,

Description

WAT BIED SINGSAAMBM?

Orrelbegeleiding

  • vir elke lied in die Liedboek met ʼn kerkorrel/huisorrel-klank wat deur ʼn rekenaar gegenereer is;
  • vir elke lied in die Liedboek met snitte van die Bybel-Media-CD (met begeleiding wat met ʼn egte meganiese pyporrel opgeneem is)
  • met ʼn kerkorrel van Joop van der Ham (slegs sommige liedere wat opgeneem is)
  • vir die 150 psalms van Totius (wat die Geneefse melodieë insluit), asook vir die 91 Skrifberymings van die GKSA.

Vertoon die teks

  • Al die liedere van die Liedboek, 150 psalms en 91 Skrifberymings kan vanaf die rekenaar op ʼn skerm vertoon word en dit loop outomaties saam met die musieksnitte.
  • SingSaam het die fasiliteit om eie skyfies saam te stel.

Ander musieksnitte

  • 50 musiekopnames geskik vir voor-, na- en kollektespel.
  • Jy kan jou eie MP3-musiek intrek.
  • Jy kan jou eie begeleiding intrek.

Hoe werk SingSaamBM?

SingSaam word versprei op ʼn 8 GB-stokkie wat vir 5 jaar gewaarborg is. Al wat jy nodig het, is ʼn rekenaar wat aan ‘n dataprojektor en ʼn klankstelsel gekoppel is. Dit kan ook by kampe, bosberade en bidure gebruik word. Vir eredienste kan die liturgie vooraf opgestel en gestoor word. Die liturgie kan ook per e-pos gestuur en ontvang word mits elkeen ‘n eie Datastokkie het.

Daar is ʼn “Kitssing”-opsie waar liedere spontaan gekies en begelei kan word. Die musiek en teks is gereed om te speel en te vertoon.

Daar is kort opleidingsvideo’s wat jou wys hoe om die program te gebruik. Jy kan aansluit by die SaamSing-gemeenskap by Saamgesels op Facebook en YouTube. Die SingSaam-program werk op alle Windows-gebaseerde rekenaars (XP en verder).

Wie is SSPlus?

SSPlus is ʼn rekenaarsagteware-maatskappy wat die programmatuur “SingSaam” ontwikkel het. Alle tegniese bystand word deur SSPlus verskaf, nie deur Bybel-Media nie. Bybel-Media het slegs hulle produkte beskikbaar gestel. Jy huur die program by SSPlus. Gemeentes moet steeds hulle Liedboek-lisensiegeld aan CCLI betaal om toegang tot SingSaamBM te hê.

Hoe bestel ek SingSaam?

Vir enige navrae, kontak vir Faani (faani@flam.co.za) by Bybel-Media Kerkmusiek. Tegniese navrae: kontak vir Hennie (hennie@ssplus.co.za) of Francois (francois@ssplus.co.za)

Slegs gemeentes met ‘n CCLI Liedboek-lisensie kan SingSaamBM aankoop.

Meld asseblief in die e-pos wat die adres is vir aflewering. Sodra ons bevestig het dat die gemeente se lisensiegeld op datum is, sal SSPlus die stokkie in die gemeente se naam registreer en aan die gemeente besorg.

You may also like…