Shéri – Nes ek is

R212.00

Sheri deel met die leser die opwindende avonture op haar pad, die seerkry, vrees, en verliese (die grootste hiervan die dood van haar pa, Jerry), asook die werklikhede waarmee sy as ’n volwassene met Downsindroom gekonfronteer word. Dan gesels haar ma oor ’n lewe in die skaduwee van ’n kind
met Downsindroom. Sy deel openhartig haar geloofstryd toe sy gehoor het haar kind het Downsindroom en haar en haar dogter se reis die onbekende in. Shéri – Nes ek is is ’n boek wat grense verskuif, want soos Shéri tereg vra: “Wat is nou eintlik normaal?” Dié boek herinner die leser juis dat ons as kinders van God elkeen ons volle potensiaal kan bereik, ongeag die uitdagings waarvoor ons te staan kom.

SKU: 9780796320308 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 240

OPSOMMING: In haar bykans 35 jaar het Shéri Brynard merkwaardige mylpale bereik ten spyte van die feit dat sy as baba met Trisomie-21-Downsindroom gediagnoseer is. Sy vertel hoe die liefde en aanvaarding van diegene naaste aan haar, veral haar ma, Susette, haar gevorm het. Sy deel met die leser die opwindende avonture op haar pad, die seerkry, vrees, en verliese (die grootste hiervan die dood van haar pa, Jerry), asook die werklikhede waarmee sy as ’n volwassene met Downsindroom gekonfronteer word. Dan gesels haar ma oor ’n lewe in die skaduwee van ’n kind
met Downsindroom. Sy deel openhartig haar geloofstryd toe sy gehoor het haar kind het Downsindroom en haar en haar dogter se reis die onbekende in. Shéri – Nes ek is is ’n boek wat grense verskuif, want soos Shéri tereg vra: “Wat is nou eintlik normaal?” Dié boek herinner die leser juis dat ons as kinders van God elkeen ons volle potensiaal kan bereik, ongeag die uitdagings waarvoor ons te staan kom.

SKRYWERS

Shéri is die enigste persoon met Down Sindroom in die wêreld wat ’n tersiêre diploma het. Sy is ’n ambassadeur vir alle Down Sindroommense en het al by meer as 400 konferensies en ander geleenthede opgetree. Sy werk ook voltyds as ’n assistent by Lettie Fouche Skool vir kinders met gestremdhede.

Colleen Naudé het haar joernalistieke loopbaan by Die Burger in Kaapstad en voor sy begin vryskutwerk doen, was sy die redakteur van Finweek in Johannesburg tot 2010. Sedertdien is sy ‘n vryskutskrywer, redakteur en vertaler. Sy het ook die boek Pippie geskryf in 2013.