Selma en Louise

R295.00

Selma Barnard is op ’n afdraandpad. Sy staan in ’n reisagentskap en weet skielik nie waarnatoe nie. Haar hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was haar hartsvriendin, Louise? Hoekom het sý haar nie teen die aanslae van die nuwe “ridder op ’n wit perd” beskerm nie? Sy sal dapper wees, al haar durf bymekaarskraap, en vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love. Solank sy net daai stemmetjie binne haar kan ignoreer wat sê Alles is nie pluis nie … ’n Lieflike, lekkerleesroman oor twee boesemvriendinne wat ná veertig jaar besef hulle het wél nie al mekaar se geheime geken nie. Geskryf deur die bekende aktrise en skrywer van die blitsverkopers, Oros vir die siel, Tjokli ts vir die siel en Smarties vir die siel.

SKU: 9780798176569 Category:

Description

SUBTITEL: Self beste vriendinne weet nie altyd alles van mekaar nie

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 464

OPSOMMING: Selma Barnard is op ’n afdraandpad. Sy staan in ’n reisagentskap en weet skielik nie waarnatoe nie. Haar hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was haar hartsvriendin, Louise? Hoekom het sý haar nie teen die aanslae van die nuwe “ridder op ’n wit perd” beskerm nie? Sy sal dapper wees, al haar durf bymekaarskraap, en vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love. Solank sy net daai stemmetjie binne haar kan ignoreer wat sê Alles is nie pluis nie … ’n Lieflike, lekkerleesroman oor twee boesemvriendinne wat ná veertig jaar besef hulle het wél nie al mekaar se geheime geken nie. Geskryf deur die bekende aktrise en skrywer van die blitsverkopers, Oros vir die siel, Tjokli ts vir die siel en Smarties vir die siel.

SKRYWER
Susan Coetzer is landswyd bekend as aktrise, motiveringspreker en skrywer. Haar topverkoperroman, Oros vir die siel , het meer as 30 000 eksemplare verkoop. Sy woon in Johannesburg en het een seun. Selma en Louise is haar eerste roman by H&R.