Sekssprokie, die misterie ontrafel

R55.00

Hierdie boek is geskryf vir tieners in die taal van tieners. Die jongmense word gelei om self, en met insig, gesonde keuses oor hulle seksuele groei en ontwikkeling te maak. Die beeld van ’n sprokie word gebruik om die misterie van die seksuele te ontrafel. Die belangrikste bousteen van hierdie boek is die Toolkit: Hoe om mens-slim, emosie-slim, lewens-slim en seks-slim te wees.

Klik hier vir die resensie

SKU: 9780864874962 Categories: , , , , ,

Description

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 144

OPSOMMING: Sekssprokie, die misterie ontrafel het ʼn totale nuwe en vars inslag met die doel om tieners te bemagtig om die regte keuses vir hulle oor hulle seksuele groei en ontwikkeling te maak.

Hierdie boek is die produk van die holistiese integrering van jare lange praktykervaring en kennis in terme van trauma-berading, verhoudingsterapie en ook  seksuele en emosionele ontwikkeling van vroeë kindertyd tot volwassenheid. Hierdie omvattende gids is geskryf deur twee kenners op die gebied van seksualiteit en voorligting. Dit bied inligting op ’n sensitiewe, dog openlike wyse aan.

INHOUD

Die volgende temas word aangeraak:

– Waardes, grense, geloof en rolmodelle

– Homoseksualiteit

– Hoe emosies werk

– Trauma

– Pornografie

– Jou seksuele bloudruk of map

– Lewens-slim

– Hoe die tiener se lyf werk

– Hoe seks werk

– Dwelms en alkohol

– Depressie

– Die adolessent en breinontwikkeling

– Skuldgevoelens

– Liggaamsontwikkeling

– Seksspeletjies

– Negatiewe liggaamsbeeld en groepsdruk

– Internet/MXit/Twitter/Facebook/Cybersex

– Kenmerke van ’n gesonde emosionele en seksuele verhouding

UITGEWER: Bybel-Media

SKRYWERS:

Elmari Mulder Craig is ʼn bekende seksuoloog, verhoudingskenner en psigoterapeut. Sy het al bydraes vir verskeie boeke gelewer en word gereeld op radio en televisie gehoor. Sy is ʼn gesogte spreker en skryf ook gereeld artikels vir bekende tydskrifte en koerante. Elmari is die ma van Michael en Catherine.

Anjenita Hugo is ‘ voorligtingsielkundige met 12 jaar praktyk-ervaring. Sy het ‘n passie vir kinders en ouers en streef daarna om ouers by te staan om gesonde verhoudings met hulle kinders te vestig. Sy spesialiseer in traumaberading, psigoterapie met kinders, ouer-kind verhoudings en bindingsterapie. Sy maak gebruik van spel-, sandspel- en Filial-terapie, asook EMDR, EMI en kliniese hipnoterapie. Anjenita is die ma van Daniël en Christiaan.