Sara

R235.00

In die Bybelroman Sara word Abraham van die Bybel deur sy vrou Sara se oë gesien. Die Bybelse narratief word aangevul deur deeglik nagevorste materiaal uit ander bronne, waaronder die werk van antieke historici soos Josefus, Midraslegendes, navorsingsgeskrifte van argeoloë en Ou-Testamentiese apokriewe boeke en dokumente. Hierdie roman sleur die leser mee na die MiddelBronstydperk, na die Mesopotamië en Egipte van 2000 v.C., na die mense van die sondvloed, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en na die lewe van sy vrou Sara. Dit konfronteer jou met die Wese en die werklikheid van God. Die roman is waarskynlik een van Maartens se mees liriese tot dusver: dit word die vrou en mens Sara se psalm van ’n lewe.

SKU: 9780796320643 Categories: , ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 384

OPSOMMING: In die Bybelroman Sara word Abraham van die Bybel deur sy vrou Sara se oë gesien. Die Bybelse narratief word aangevul deur deeglik nagevorste materiaal uit ander bronne, waaronder die werk van antieke historici soos Josefus, Midraslegendes, navorsingsgeskrifte van argeoloë en Ou-Testamentiese apokriewe boeke en dokumente. Hierdie roman sleur die leser mee na die MiddelBronstydperk, na die Mesopotamië en Egipte van 2000 v.C., na die mense van die sondvloed, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en na die lewe van sy vrou Sara. Dit konfronteer jou met die Wese en die werklikheid van God. Die roman is waarskynlik een van Maartens se mees liriese tot dusver: dit word die vrou en mens Sara se psalm van ’n lewe.

SKRYWER
Maretha Maartens is bekend en gewild as skrywer van geestelike boeke en dagboeke, romans, kortverhale, kinderboeke, tienerboeke
en romans vir jong volwassenes. Talle van haar boeke is bekroon en vertaal. Maretha is ook ’n gesoute rubriekskrywer wat bydraes
gelewer het vir Volksblad, Vrouekeur, Rooi Rose en Finesse.