Sag fluister my hart

R95.00

LiG-intekenaarprys: R50.00

ONTVANG 50% AFSLAG BY DIE LiG-BOEKKLUB
Koop uitgesoekte boeke teen halfprys as jy ‘n LiG-intekenaar is. 
GEBRUIK JOU INTEKENNOMMER AS KOEPON OM AFSLAG TE KRY. 

As hoof van die Blanchet-meisieskool word daar van Sandri Blanchet verwag om haar waardig te gedra. Maar toe sakeman Marko Waalstra by haar kantoor inbars en haar van allerhande dinge beskuldig, kap Sandri besonder ónwaardig terug. Die vent weet hoe om haar verkeerd op te vryf. En tog kan sy nie ontken dat sy hul rusie so ’n bietjie geniet nie. Vir ’n rukkie vergeet sy van protokol terwyl die
vonke spat. Dit blyk dat Marko besorg is oor sy susterskind, Christiane, wat met Sandri se halfbroer, Jean-Pierre, ’n verhouding het. Toe Marko voorstel dat hy en Sandri mekaar beter leer ken ter wille van die twee verliefdes, skop Sandri teë. Maar haar familie nooi Marko om op hul landgoed te kom kuier.

SKU: 9780624076742 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 224

BESKRYWING: As hoof van die Blanchet-meisieskool word daar van Sandri Blanchet verwag om haar waardig te gedra. Maar toe sakeman Marko Waalstra by haar kantoor inbars en haar van allerhande dinge beskuldig, kap Sandri besonder ónwaardig terug. Die vent weet hoe om haar verkeerd op te vryf. En tog kan sy nie ontken dat sy hul rusie so ’n bietjie geniet nie. Vir ’n rukkie vergeet sy van protokol terwyl die
vonke spat. Dit blyk dat Marko besorg is oor sy susterskind, Christiane, wat met Sandri se halfbroer, Jean-Pierre, ’n verhouding het. Toe Marko voorstel dat hy en Sandri mekaar beter leer ken ter wille van die twee verliefdes, skop Sandri teë. Maar haar familie nooi Marko om op hul landgoed te kom kuier.
Daar sien Sandri ’n sjarmante sy van Marko. Maar hoe kan sy iemand vertrou wat so ’n bedrewe flankeerder blyk te wees? Toe daar ’n anonieme brief by die Blanchets afgelewer word wat Marko en Christiane se identiteit in twyfel trek, is Sandri nog onsekerder oor haar gevoelens vir hom . . .

SKRYWER
Schalkie van Wyk woon in Johannesburg. Toe sy laas getel het, het daar reeds oor die honderd liefdesverhale uit haar pen verskyn.