Rimpels Reeks Pakket

R201.76

Elke Rimpel-DVD is ‘n hulpmiddel om die verhaalmedium te benut om Bybelse beginsels te beklemtoon. Dit stimuleer nadenke, verandering en oorvertelling. ‘n Pamflet met gesprekspunte word by die DVD-houer ingesluit.

DVD1: Die Bybel maak dit duidelik dat elke Christen ‘n opdrag kry om by sendingwerk betrokke te raak. Vertoef skets twee uiteenlopende geluide waar sendelinge aktief is nl. diep in die Kalahari, aan die een kant, en in die hartjie van Hillbrow aan die ander kant. ‘n Handleindingsblad sluit by relevante Bybelsgedeeltes aan om sinvolle gesprekke moontlik te maak.

DVD2: n Beeldskone jong ma en kind ontsnap so hittete aan ’n gevaarlike situasie in die DVD Houtskool. Dit klink dalk na ’n Hollywood-storielyn, maar dit is nie. Die ma en seun vertolk die hoofrolle in ’n DVD met ’n moderne, godsdienstige grondslag. Houtskool is die eerste van ’n reeks van DVD’s.

DVD3: God het ‘n vreemde manier van werk met elke mens. Hy laat toe dat daar dinge oor ons pad kom om onsuiwerhede uit ons lewe te verwyder. God se louterproses gaan dikwels met erge hitte gepaard. Waarskynlik maak dit ons meer aanvaarbaar, elegant, afgerond en diensbaar.

DVD4: Eierpryse laat jou deur ’n proses stap om te verstaan wat dit beteken om kerk te wees. Ons kan ’n klomp slim dinge sê oor God se koninkryk en sy kerk. Die geheim is seker om te besef dat elkeen ’n belangrike rol het om te vervul.

SKU: Rimpelspakket Category:

Description

FORMAAT: 4 DVD’s

OPSOMMING: Elke Rimpel-DVD is ‘n hulpmiddel om die verhaalmedium te benut om Bybelse beginsels te beklemtoon. Dit stimuleer nadenke, verandering en oorvertelling. ‘n Pamflet met gesprekspunte word by die DVD-houer ingesluit.