Real lewe Take 2 – Gespreksgids

R55.49

Real lewe Take 2 is die tweede gespreksgids in ’n nuwe reeks van vier vir die senior kategese.
Die gespreksgids word aangevul deur die Huisgeloof-gespreksgids en die Leiersgids.
Hierdie reeks is die eerste fase van ons neem-dit-huis-toe-projek waardeur ouers direk by hulle kinders se geloofsvorming betrokke kan raak. Ons noem dit HuisGeloof.

SKU: 9781920089405 Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: Boek

OPSOMMING en INHOUD

Lewe met geloof wat real is
Real lewe Take 2 is die tweede gespreksgids in ’n nuwe reeks van vier vir die senior kategese.
Die gespreksgids word aangevul deur die Huisgeloof-gespreksgids en die Leiersgids.
Hierdie reeks is die eerste fase van ons neem-dit-huis-toe-projek waardeur ouers direk by hulle kinders se geloofsvorming betrokke kan raak. Ons noem dit HuisGeloof.

Waaruit bestaan die Real lewe-pakket?
1. Die gespreksgids vir die jongmense wat by elke ontmoeting by die kerk gebruik word.
2. Die Huisgeloof-gespreksgids met vrae wat by elke ontmoeting aansluit en waaroor gesinne by die huis kan gesels.

3. ’n DVD met die volgende daarop:
’n Volledige leiersgids vir elk van die 29 ontmoetings
’n Verskeidenheid gedrukte hulpmiddels vir sommige ontmoetings
’n Verskeidenheid videosnitte en klanksnitte vir sommige ontmoetings

Die doel van die Real lewe is om hierdie drie dinge in jongmense se lewe te bewerk:

1. Creed to believe. Ons wil aan hulle geloof diepte gee deur hulle te help om oor verskillende onderwerpe na te dink.

2. Code for the road. Ons wil vir hulle hulpmiddels gee wat hulle sal help om die uitdagings van die lewe aan te pak en te oorwin.

3. Dream to esteem. Ons wil hulle help om ’n droom in hulle verhouding met die Here na te jaag.

Die 29 ontmoetings in die jaar (24 ontmoetings vir 24 Sondae, en 5 ontmoetings oor kwessies wat jongmense raak, word soos volg ingedeel:
1. 12 ontmoetings oor geloof
2. 5 ontmoetings oor kwessies
3. 4 ontmoetings oor die Woord
4. 3 ontmoetings oor die kerkjaar-ritme.

In die leiersgids en gespreksgids word die verskillende ontmoetings met verskillende kleure aangedui:
Geloofsvensters = blou
Kwessies = groen
Oorsig oor die Woord = rooi
Kerkjaar-ritme = maroen