Perspektiewe op die koninkryk-reeks – Beelde van die koninkryk (Boek 3)

R60.52

Jesus het gelykenisse of stories gebruik om die mense te help om die koninkryk beter te verstaan: hoe die koninkryk werk, hoe dit op aarde teenwoordig is, hoe dit in ons lewe ʼn werklikheid word en hoe Hy in die koninkryk regeer. Jesus se beelde van die koninkryk help ons vandag om nuut en anders te dink oor God se ryk en die implikasies daarvan vir ons lewe op aarde.

SKU: 9780864877864 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: ‘n Gespreksgids vir groepe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 48

Meer oor die reeks Perspektiewe op die koninkryk

Jesus nooi ons en daag ons uit om elke dag op ’n totaal nuwe manier met ʼn nuwe perspektief te leef. Want wanneer ons met ’n koninkryksperspektief leef, verander alles.

Boeke in dié reeks

  • Boek 1: ‘n Koninkryk van genade
  • Boek 2: Jesus, Here van die koninkryk
  • Boek 3: Beelde van die koninkryk
  • Boek 4: Gereed vir die koninkryk

OPSOMMING van Boek 3 – Beelde van die koninkryk

Jesus het gelykenisse of stories gebruik om die mense te help om die koninkryk beter te verstaan: hoe die koninkryk werk, hoe dit op aarde teenwoordig is, hoe dit in ons lewe ‘n werklikheid word en hoe Hy in die koninkryk regeer. Jesus se beelde van die koninkryk help ons vandag om nuut en anders te dink oor God se ryk en die implikasies daarvan vir ons lewe op aarde.

INHOUD

  • Inleiding
  • Beelde van die koninkryk
  • Gesprek 1: Soos sout en lig
  • Gesprek 2: Soos ’n saaier
  • Gesprek 3: Soos onkruid tussen koring
  • Gesprek 4: Soos ’n mosterdsaadjie en suurdeeg
  • Gesprek 5: Soos ‘n skat, ‘n pêrel en visse
  • Gesprek 6: Soos kinders
  • Gesprek 7: Soos liefde
  • Gesprek 8: Soos stadig groeiende saad

SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.