Ouerskap_Cov_lr

Ouerskap

R95.00

‘n Praktiese gids vir ouers. Familie-wees word uit vyf hoeke bekyk met die hulp van vyf videosnitte. Hierdie gids sal ouers help om verhoudings te bou en by hulle kinders ‘n geloof te kweek wat sal hou.

Product Description

SUBTITEL: 5 saampraat-sessies oor familie-wees

FORMAAT: Boek + DVD

BLADSYE: 48

OPSOMMING: In hierdie gids word daar uit verskillende hoeke na families (gesinne) gekyk.
· Soms herinner ‘n familie aan ‘n wipplank. As die gewig nie eweredig versprei word nie, is die balans versteur en is iemand se bene op die grond en ander s’n hang in die lug.
· ‘n Kruietuin herinner aan die unieke eienskappe van elkeen in die familie.
· Soms het families ‘n neutrale ruimte soos ‘n coffee shop nodig om met mekaar te praat.
· Die stuurman in die roeiboot herinner dat families ook iemand of iets nodig het wat die tempo en die rigting vir die familielewe kan aangee.
· Wanneer ‘n mens ‘n speelgoedkis uitpak en met ander deel, ontdek jy lang vergete speelgoed en skielik is dit weer nuut om waardeer te word.

Hierdie simbole en vyf videosnitte sal elke pa en ma help om verhoudings te bou en by hulle kinders ‘n geloof te kweek wat sal hou. Ouerskap – 5 saampraat-sessies oor familie-wees, saam met die vyf videosnitte op die DVD – sal julle familie aan die praat kry en aan die praat hou.

Om as familie saam deur onbekende gebiede te reis – dít is die uitdaging wat ouers vandag moet aanpak. Hierdie boek en DVD sal ouers help raaksien wat hulle reeds reg doen met hulle kinders. In die proses sal ouers ontdek hoe God bedoel het families móét werk, hoe God families “vergroot”, en hoe Hy vreemdelinge laat tuiskom in families en hulle deel van families maak.
Die vyf sessies in hierdie boek fokus op hoe ons as gelowiges ten diepste oor families dink. Ons kyk na die “wees”-funksies van al die familielede.

Ons is baie opgewonde om hierdie hulpmiddel in julle hande te kan gee. Ons het ontdek ons pak die pad vorentoe die heel beste aan as ons dit sáám doen. Om hierdie doel te bereik, sluit ons dus vyf videosnitte in. Hierdie videosnitte is vervaardig onder die Nous-logo en dit beeld vir ons uit hoe gelowig-wees in ons tyd lyk. Nous is ’n Griekse woord wat onder meer “common sense”, “logika”, “gut feeling” of “intuïsie” beteken. Ons glo God gee die nous van die evangelie vir ons elkeen sodat ons daaruit ’n kreatiewe “repainting” vir ons tyd en konteks kan maak.
Ons probeer verskillende “repaintings” gee van hoe geloof kan lyk. Dit is beslis nie die enigste “skilderye” van geloof wat daar is nie; dit is slegs voorbeelde waarna mense saam kan kyk en wat hopelik ’n gesprek tussen hulle sal aanmoedig.

Ons hoop hierdie inisiatief word ’n energiepunt vir almal wat saam praat en saam verf aan die toekoms, want die tyd waarin ons leef, gee vir ons splinternuwe kleure, “state of the art” verfkwaste, en eindelose moontlikhede om die ou-ou Verhaal nuut te skilder.

INHOUD
Inleiding
Agtergrondinligting
Indeling van elke familiegesprek
1. Wipplank
2. Kruietuin
3. Coffee shop
4. Stuurman
5. Speelgoedkis

SKRYWERS
Faani Engelbrecht
Gielie Loubser
Eugene Malan
Nico Simpson
Ewald van Rensburg