Openbaring

New

R180.00

Hierdie interpretasie van die boek Openbaring sluit aan by die eerste-eeuse wêreld waarin astrologie en mitologie ʼn baie groot rol in mense se lewe gespeel het.
Johannes ken die figure wat die mense in die hemel gesien het. Hy weet dié figure is vir die mense van sy tyd baie belangrik. Hy weet die mense glo hierdie figure leef en beïnvloed hulle lewe.
Johannes sluit hierby aan, maar terwyl hy skryf, verander hy dit in ’n boodskap oor God. Johannes weet God leef. Net Hý het waarlik ’n invloed op mense se lewe.
Hierdie Bybelstudie is ’n poging om op grond van die teks wat Johannes lank gelede neergeskryf het en die jongste navorsing oor die wêreld waarin Johannes geleef het, vanuit ’n ongewone en verrassende hoek ’n venster op God oop te maak, die angel uit ons angs te haal en ons vrees en blydskap te verander.
Soos die môrester op die oosterkim is Jesus ʼn helder lig. Hy kondig dag oor ons nag aan.

SKU: 9780864879158 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Goeie nuus. ’n Hemelse evangelie. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 384

OPSOMMING: Hierdie interpretasie van die boek Openbaring sluit aan by die eerste-eeuse wêreld waarin astrologie en mitologie ʼn baie groot rol in mense se lewe gespeel het.
Johannes ken die figure wat die mense in die hemel gesien het. Hy weet dié figure is vir die mense van sy tyd baie belangrik. Hy weet die mense glo hierdie figure leef en beïnvloed hulle lewe.
Johannes sluit hierby aan, maar terwyl hy skryf, verander hy dit in ’n boodskap oor God. Johannes weet God leef. Net Hý het waarlik ’n invloed op mense se lewe.
Hierdie Bybelstudie is ’n poging om op grond van die teks wat Johannes lank gelede neergeskryf het en die jongste navorsing oor die wêreld waarin Johannes geleef het, vanuit ’n ongewone en verrassende hoek ’n venster op God oop te maak, die angel uit ons angs te haal en ons vrees en blydskap te verander.
Soos die môrester op die oosterkim is Jesus ʼn helder lig. Hy kondig dag oor ons nag aan.

INHOUD
Inleiding
1. ’n Boodskap uit die hemel (Op 1:1-3)
2. Die hele wêreld weet (Op 1:4-8)
3. ’n Besoek aan die hemel (Op 1:9-20)
4. Liefde ontbreek (Op 2:1-7)
5. Die dood is nie die einde nie (Op 2:8-11)
6. Verantwoordelik vir mekaar (Op 2:12-17)
7. ’n Kans en ’n keuse (Op 2:18-29)
8. Word wakker (Op 3:1-6)
9. Ek hou julle vas (Op 3:7-13)
10. Koop by My (Op 3:14-22)
11. Lof sonder ophou (Op 4:1-11)
12. Steel Jesus die kalklig? (Op 5:1-14)
13. Niks nuuts onder die son nie (Op 6:1-8)
14. Wie sal staande kan bly? (Op 6:9-17)
15. Dié wat gemerk is (Op 7:1-17)
16. Stilte voor die storm (Op 8:1-13)
17. ’n Waarskuwing (Op 9:1-12)
18. ’n Oproep (Op 9:13-21)
19. Die geheim uitbasuin (Op 10:1-11)
20. Dié wat gemeet is (Op 11:1-14)
21. Grand finale (Op 11:15-19)
22. In ’n neutedop uit ’n hemelse hoek (Op 12:1-18)
23. Grootpraterig en godslasterlik (Op 13:1-10)
24. Laag, laer, laagste (Op 13:11-18)
25. Hemel op aarde (Op 14:1-5)
26. Vir ewig van krag (Op 14:6-13)
27. ’n Saak van eer (Op 14:14-20)
28. ’n Blik op God se grootheid (Op 15:1-8)
29. ’n Kykie in God se toorn (Op 16:1-9)
30. Die groot dag van God (Op 16:10-16)
31. Dit is verby! (Op 16:17-21)
32. Bordjies verhang (Op 17:1-18)
33. Skielik aarde toe (Op 18:1-8)
34. In een oomblik (Op 18:9-20)
35. Niks oor nie (Op 18:21-24)
36. ’n Besonderse verhouding (Op 19:1-10)
37. Woorde in plaas van wapens (Op 19:11-21)
38. Van die wal af in die vuurpoel (Op 20:1-15)
39. Eendag eers? Nou reeds! (Op 21:1-8)
40. ’n Veilige hawe (Op 21:9-27)
41. Terug in die paradys (Op 22:1-9)
42. Jesus ís op pad (Op 22:10-21)

SKRYWERS
Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ’n Bybelstudieboek. Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.