Op soek na God se hart

R121.00

Baie mense sê bekering of “om jou hart vir God te gee” is die einddoel van ons bestaan, vir Lindie Strydom is dit egter die wegspringplek. In Op soek na God se hart deel sy die insigte wat sy gekry het op haar reis om werklik God se hart te leer ken. Stap saam met haar die pad tussen Rooikappie, karwagte, sepies en survivors en ontdek God se hart.

SKU: 9781431611966 Category:

Description

SUBTITEL: Saam met Rooikappie, karwagte, sepies en survivors

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 168

UITGEWER: CUM

OPSOMMING: Ons lewe lank leer ons om ons oë op die wenpaal, die eindpunt te hou. Met Op soek na God se hart kom keer Lindie Strydom hierdie beginsel op sy kop. Sy sê waar bekering en “jou hart vir die Here gee” vir baie mense die einddoel is, voel sy dit is eintlik die wegspringplek. Hiér begin ’n leeftyd van nader aan die Here leef en werklik sy hart leer ken.

Hierdie bekende aktrise en aanbieder van Geloof, Hoop en Liefde deel die insig wat sy gekry het op haar reis op soek na God se hart. In hierdie twee-kleur-boek bespreek sy temas soos verhouding met God, eienaarskap, roeping, dissipelskap, gemeenskapbetrokkenheid, gee en omgee. Een van haar kernpunte is dat ons nader aan God moet kom sodat ons verder kan gaan in die uitlewing van ons Christenskap.
Op soek na God se hart vertel hoe die lewe lyk van iemand wat werklik ernstig op soek is na God se hart.
Spesifikasies:

SKRYWER
Lindie Strydom is ’n bekende radio- en TV-persoonlikheid. Sy is al vir meer as ’n dekade ’n motiveringspreker. Sy is getroud met Johann Strydom en die ma van drie kinders, Paul, Hugo en Nina.